JOU DAG

Mars beweeg die Waterdraer binne en dit bevoordeel passievolle vooruitgang.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk drang na sukses, maar moenie alte behep raak met materialisme nie. Jy moet in 2017 ’n sterker band smee met jou geestelike sy.

RAM, 21 Mrt,- 20 Apr.

Mars beweeg jou verwagting- en versugtingsone binne. Soos Diana Ross – ’n mede-Ram, sê: “Jy kan nie wag tot mense jou daardie goue droom gee nie. Jy moet uitgaan en dit self verwesenlik.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Sit jou beste voetjie voor op professionele gebied, want ander neem kennis van ’n meer bemagtigde jy. Sosialisering en netwerkvorming word ook bevoordeel. Maar moenie jou geliefdes so afskeep nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die avontuur roep! Die dinamiese Mars gaan deur jou reissone; dus moet jy alles doen wat jy kan om so gou moontlik ’n aksiebelaaide vakansie te bespreek. ’n Uitdagende plek, ver van die gebaande weë, sal nommerpas wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mars beweeg jou begeer- en buitsone binne; dus kan jy die volgende paar weke verhoogde aksie op een van hierdie gebiede verwag. Sorg wel dat jy nie by rusies oor gedeelde geldsake of gemeenskaplike besittings betrek word nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is vandag in vrye-konyntjie-modus aangesien Mars jul reissone binnegaan en jul drang na vryheid aanvuur. Julle is ook gretig om vernuwende planne in dinamiese dade om te sit.

MAAGD, Aug 24-23 Sept.

Mars, die aksieplaneet, gaan vorentoe in jou welsynsone, Maagd. Jy moet dus proaktief wees en ’n fiksheidsroetine kry wat jou gemotiveer hou. Hoe uitdagender, hoe beter!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die dinamiese Mars beweeg vandag jou sone vir selfverwesenliking binne. Dus – indien jy energie in kreatiewe strewes kanaliseer – is die moontlikheid skraler dat jy heeldag lusteloos gaan voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die magtige Mars marsjeer deur jou tuissone; dus moet jy daarna streef om meer proaktief te wees jeens ’n huidige gesinsprobleem. Om op die kantlyn te sit en kook gaan jou vining nêrens bring nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mars beweeg tot 19 Desember in jou kommunikasiesone. Selfvertroue en optimisme vier dus hoogty. Maar moenie onbevestigde inligting oordra of tot haastige gevolgtrekkings kom nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer proaktief jy teenoor jou geldsake is, hoe meer sal dit floreer. Moet egter nie kitsresultate verwag nie. As jy jou geld en krediet nou versigtig bestuur, sal dit in die toekoms tot finansiële sekuriteit lei.

WATERDRAER, 21 Jan.- 21 Feb.

Mars beweeg tot 19 Desember deur jou teken. Dit is dus tyd om dapper en proaktief te wees. Selfvertroue is “in” en selfvoldaanheid is “uit” terwyl jy dit wat jy wil hê, met passie en vuur najaag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Haal jou voet van die strespedaal af, en draai briek aan. Mars besoek jou afsonderingsone. Maak dus jou topprioriteit om ’n bietjie alleentyd te geniet terwyl jy ontspan, herstel en verjong.

© Joanne Madeline Moore