Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre moedig jou aan om ’n berekende risiko te waag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy streef daarna om naam te maak in die wêreld, maar moenie vergeet om langs die pad te ontspan en aan die blomme te ruik nie. Jou huis is waar jou hart is in Junie, wanneer jy gaan wegbreek en ontspan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Julle het groot drome en ambisieuse planne, maar waak daarteen om dinge te ver vooruit te loop. As julle te veel belowe – en dit nie kan lewer nie – sal almal op die end teleurgesteld wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Om intieme vriende of familielede te onthaal, gaan besige Bulle se reeds dolle dag nog besiger maak. Heelwat moet bespreek word wanneer julle jul onderskeie toekomsplanne bywerk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou planeet, Mercurius, is in Visse en dit bring die romantiese digter wat agter die gesellige Tweeling-uiterlike skuil, te voorskyn. Die volgende twee weke is die aangewese tyd om te skryf, te skilder, toneel te speel of musiek te maak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat reis, opleiding of jou toekomsplanne betref, is daar baie mense met idees oor dit wat jy behoort te doen. Luister aandagtig, maar moenie dinge uit verband ruk nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se sterre aktiveer jul avontuurlike sy, dus moet julle jul gewone roetine opsy stoot en iets anders doen. Weerstaan die drang om nuus aan te dra of baasspelerig en veeleisend te wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius beweeg tot 22 Maart deur jou verhoudingsone. Dit is die regte tyd om met geliefdes te praat oor kwessies wat jou hinder. Duidelike kommunikasie is die sleutel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Pak ’n klomp dringende sake en verantwoordelikhede vandag aan. Jy sal nie vir enigiemand van nut kan wees as jy uitgeput is nie. Ruim ’n bietjie spesiale ‘ek-tyd’ in om te ontspan en te herlaai.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie vandag dink jy het al die antwoorde nie. As jy te krities is oor ’n saak, sal ander mense jou spoedig met ’n harde slag terugbring aarde toe. Koel kompromie is die sleutel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters geniet uiterstes. En jy trap tans op ’n fyn lyn terwyl jy probeer balanseer tussen openhartigheid en oordadigheid by die werk en gaafheid, sorgsaamheid en meelewendheid by die huis.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verhoudings en verbindings in jou plaaslike gemeenskap lyk goed en aktiwiteite soos kook, tuinmaak en onthaal lyk gunstig. Streef daarna om meer geduldig teenoor gesinslede te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat jou aspirasies vir die toekoms betref, is dit tyd om proaktief te wees terwyl jy jou gedagtes laat gaan om avontuurlike nuwe aktiwiteite in te sluit.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg tot 22 Maart deur jou teken, dus is dit die ideale tyd om jou op toenemend meer kreatiewe maniere uit te druk. En as jy iets op die hart het, maak seker jy sê presies wat jy wil sê.