JOU DAG

Die goeie ligging van die sterre is fantasties vir enigiets nuut en opwindend.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy lyk baie meer selfversekerd as wat jy voel. In 2016 moet jy meer bewus word van wat jou onbewustelik dryf. Jy leer om jou instink te volg.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die son se hoek met Uranus dui daarop dat dit tyd is om innoverend en interessant te wees terwyl jy jou eie ding op jou hoogs individuele en avontuurlike manier doen.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Werkskwessies is in ’n vloeibare staat. Moet jou nog nie op die langtermyn tot enigiets verbind nie. Moenie jou vir gesamentlike geldsake of ’n sakevennootskap ooreis nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Wees proaktief en fokus op jou fantastiese toekomsdrome. Party gesinslede en vriende sal nie met jou doelwitte tevrede wees nie, maar jy moet hulle so vasstel dat dit jou pas, nie ander mense nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag te versigtig wees nie. Die hoek tussen die son en Uranus veroorsaak dat jy in die bui vir verken en eksperimenteer is – veral by die werk. As jy verbintenisse kan vorm met ander mense wat soos jy dink, sal daar geen keer aan jou wees nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil vandag graag die main konyn wees en jy het hope planne en voornemens. Hoe meer uniek en onkonvensioneel jy is hoe meer kreatief sal jy voel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy het goeie sterre vir kuiers saam met vriende, bure en prominentes in die plaaslike gemeenskap. Jou verhouding met gesinslede sal jou geduld beproef, maar bly kalm en behou perspektief.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy het wonderlike sterre vir liefde en romanse. Dis tyd om ’n ou verhouding lewe te gee. Enkellopendes kan hul sielsmaat ontmoet wanneer ’n vriend hulle aan iemand voorstel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die hoek tussen die son en Uranus aktiveer jou avontuurlike kant. Dit is tyd om iets nuuts te probeer doen – veral by die werk. Jy maak opwindende ontdekkings oor jouself en die wêreld om jou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dis ’n heerlike dag vir sosiale okkasies en alle soorte vermaak. Jou humorsin is aan die brand en jy vermaak ander met jou spesiale vertellings. Geniet die tyd in die kollig!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou puntenerigheid sal nie vandag waardeer word nie. Dis tyd om berekende risiko’s tuis en by die werk te neem. As jy te versigtig is, sal jy iets belangriks misloop.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis ’n wonderlike tyd om iets onverwags te doen, want Uranus maak die avontuurlus in jou wakker. Gaan op reis, verken, eksperimenteer en gryp die lewe met albei hande aan!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Uranus wat sake in jou sone vir loopbaan en besigheid deurmekaarkrap is dit tyd om jou kollegas te wys waartoe jy regtig in staat is. Verstom hulle met ’n innoverende idee.