JOU DAG

Vandag se sterre kondig ’n kreatiewe en verwarrende dag aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is soms goed om vas te hou aan en vol te hou met ’n uitdagende persoon of situasie.  Ander kere is dit die beste om eenvoudig te laat los.  Die geheim is om te kan onderskei.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ramme – julle gaan gou verveeld raak met jul gewone roetine, dus moet julle die dag bietjie skop gee met opwindende wegbreekkanse op die pad.  Iemand se gebrek aan toewyding kan julle egter dalk teleurstel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n lieflike dag om bymekaar te kom met eendersdenkende siele terwyl julle aan ’n gesamentlike projek werk. Jy kan egter kreatiewe verwarring en chaos op die pad verwag aangesien dinge nie volgens plan gaan verloop nie!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy gaan teleurgestel word as jy vandag verwag dat projekte teen ’n hewige vaart sal wegspring.  Alles sal langer neem as verwag.  En daar sal talle afdraaipaaie langs die pad wees wat jou aandag gaan aftrek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat ’n huidige werk- of opleidingskwessie betref, is die feit  van toepassing dat: Hoe kreatiewer jou benadering is, hoe beter werk dit.  Kommunikasie met ander mense gaan egter verwarrend wees.  Markeer dus jou pas en probeer om duidelik en bondig te praat.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om vandag ’n kreatiewe Kat te wees terwyl jy ekstra inspirasie soek by internasionale vriende of ver plekke.  Moet egter nie belangrike besluite oor geldsake neem voordat jy baie helderder dink nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Alles is nie vandag soos dit mag voorkom nie, Maagd, en jy mag dalk vaag of verward voel.  As iemand vir jou iets vertel wat nie heeltemal reg klink nie, moet jy seker maak dat jy alles deeglik  nagaan voordat jy reageer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskaal – dis tyd om iets onverwags saam met jou maat te doen.  Verblind en behaag hom/haar dus met ’n wonderlike verrassing.  Wat sommige enkellopendes betref – ware liefde wag waar jy dit die minste verwag.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag val die kollig op tyd wat jy saam met kinders, tieners, kollegas of intieme vriende deurbring.  Jy kan egter ’n paar verwarrende misverstande langs die pad verwag.  Fokus dus op die dinge wat julle met mekaar gemeen het.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy’s gretig om in te storm en ’n frustrerende gesinsprobleem op te klaar, maar is dit die slim ding om te doen?  Deurdink dinge en maak seker dat jy nie net instorm en ’n sensitiewe situasie vererger nie!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Spontane benadering werk goed met ’n gesinslid.  Maar jy sal subtieler te werk moet gaan as jy aanlyn kommunikeer.  ’n Huidige situasie is dalk nie so eenvoudig soos wat dit mag voorkom nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die Maan en Neptunus maak vandag jou geldantennas deurmekaar, dus moet jy geen belangrike geldskuiwe maak nie. Jy moet ekstra geduld aan die dag lê indien jy by ’n groepsprojek betrokke is.  

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n fantastiese dag vir kreatiewe ideale, maar dis nie so gunstig vir die verstandige hantering van koue, harde feite nie.  Gee jou oor aan jou verbeeldingryke sy, Visse, maar stel praktiese projekte uit tot ’n ander tyd.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.