pisces-hg-w

JOU DAG

Die sterre bevoordeel die aanpak van werkprojekte en die voltooiing van onafgehandelde take.

AS JY VANDAG VERJAAR

Leer in 2017 om die beste te maak van jou unieke talente. Jy is soms oorgevoelig; probeer dus om minder emosioneel te reageer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hoe groter die haas, hoe meer teleurstellend gaan die dag wees. Kortpaaie gaan jou baie vining nêrens bring nie. Die sterre moedig jou aan om verstandelik baie meer gedissiplineerd te wees, veral by die werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag geneig tot ernstige – of selfs swaarmoedige – denke, maar moenie toelaat dat dit jou te veel hinder nie. Dis van verbygaande aard. Rol dus jou moue op, sit skouer aan die wiel en gaan voort met die werk ter hand.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Pluto help jou om jou gedagtes te fokus. Dit is dus die perfekte dag om ’n probleem aan te pak, ’n raaisel op te los, ’n werkprojek na te vors of iets nuuts te leer. En moenie vergeet om feite goed te bekyk en vrae te vra nie!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Maak seker jy sluit jou familie en intieme vriende in by jou planne en strewes, maar moenie toelaat dat hulle jou verlei met vrygewige aanbiedings wat niks met die werklikheid te doen het nie. Wees prakties en nugter.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy al vandag baat vind by strategiese denke en doelgerigte beplanning. Jy droom van ’n hemelse vakansie, maar aangesien Venus in trurat deur jou reissone beweeg, sal jy ekstra geduldig moet wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hoer meer jy jou gedagtes fokus, hoe beter gaan die dag wees terwyl jy ingewikkelde berekenings bemeester, deur papierwerk stoom, navorsing doen of skaaf aan ’n werkprojek. Weerstaan tog net die drang om ander te kritiseer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die planetêre klem val op jou welsynsone; dus moet jy jou toespits op jou gesondheid, dieet en fiksheid. Geen ingewikkelde verskonings nie, Weegskaal! Los die sjokoladekoek, gee pad van die gemaklike rusbank af en kom in rat.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal moontlik jou voet moet neersit wat ’n kind, tiener of werknemer betref. Sê duidelik en beslis wat jy verwag en gee hom/haar dan tyd en ruimte om die taak af te handel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Oos, wes, tuis bes geld vir vandag. Jy sal agterkom dis beter om saam in ’n span te werk as op jou eie. Maar moenie aannames maak oor die gevoelens van ’n gesinslid nie. Kyk heelwat dieper.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die sterre maak jou vandag selfs meer daartoe geneig om alles perfek te wil doen. Jy is dus vandag op jou puntenerige beste – en veeleisende slegste. Wees gerus jou deeglike self, maar waak daarteen om obsessief te raak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Voel jy afgemat? Jy het tans heelwat hooi op jou vurk, maar probeer om vandag ’n bietjie spesiale “ek-tyd” in te ruim. Afsondering is nou noodsaaklike sielskos vir jou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou betrokkenheid by ’n groep, klub of plaaslike organisasie laat ander mense opsien na jou vir ekstra inspirasie. Moet egter nie in ’n dwaal rondloop nie. Jy moet fokus op jou doelwitte.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017