JOU DAG

Vandag se sterre moedig deernis en kreatiwiteit aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy stel baie hoë standaarde aan jouself – en aan ander mense. Jy moet in 2016 minder stres en meer pret te hê, veral wat jou toekomsdrome betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is vandag vol wonderlike idees, Ram. Maar onthou, net omdat jy aan iets gedink het – en geesdriftig en aanhoudend daaroor gepraat het – beteken nie dat jy dit in werklikheid gedoen het nie!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As dit kom by ’n intieme verhouding of hegte vennootskap, kan dit dalk voel asof jy kleitrap – of selfs agteruitgaan. Mars, sowel as Saturnus, wat in trurat is, moedig jou aan om ekstra geduldig te wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie is vandag se wagwoord, Tweeling, terwyl jy jou kreatiewe idees met ander mense om jou deel. Jy is in die luim om die wêreld aan die brand te praat, maar wees versigtig dat bolangse praatjies nie omsit in gerugte wat kan kwaad aanrig nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan, met die ondersteuning van familie en vriende, vandag ver kom, Kreef. Jy sal gemaklik voel met jouself, innerlik sowel as uiterlik – of jy nou alleen is of in ander mense se geselskap.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter bevoordeel tot 11 September finansiële sake – solank jy versigtig werk met kontant en verantwoordelik is met krediet. Ontdek nuwe maniere om jou bankbalans ’n hupstoot te gee met ’n ekstra inkomste.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Samewerking en beraadslaging sal jou ver bring by die werk. Soek jy werk? Met Venus wat jou beroepsone besoek, moet jy seker maak jou uiterlike voorkoms is so voortreflik soos jou curriculum vitae.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Aktiwiteite wat te doen het met reis, internasionale kontakte, werk en netwerkvorming, word almal bevoordeel terwyl jy jou portuurgroep uitbrei om ’n paar nuwe gesigte in te sluit. Dit is nie wat jy weet nie, maar wie jy ken!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Voel jy tans uiters gefrustreerd, Skerpioen? Mars beweeg tot 29 Junie agteruit deur jou teken; jy sal dus jou energie moet spaar, jou pas moet verslap en ekstra geduldig en volhardend moet wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag sal jy ontdek daar is ware sielerus te vinde in die aanvaarding van ander mense soos hulle is, asook om wat jou kant toe kom, ontspanne en sonder vooroordele met ope arms te ontvang. Voel die liefde, Boogskutter!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus help die daaglikse sleurtakies genotvoller maak terwyl jy binne ’n rekordtyd deur roetinetake stoom sodat jy aan die einde van die dag kan konsentreer op pret en ontspanning. Jy verdien dit, Steenbok!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dis die perfekte tyd om nuwe aktiwiteite te deel – en opwindende avonture te beleef – met die kinders in jou lewe. En wanneer laas het jy hope pret met die kind in jou gehad?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kry genotvolle maniere om jou professionele en huishoudelike lewe te kombineer. Miskien kan jy van die huis af werk, of kollegas na jou plek oornooi? Sorg dat dit produktief en plesierig is om in Casa Pisces te wees.