JOU DAG

Pluto moedig intense verhoudings en kragtige ervarings aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

November en Januarie is die beste maande om by ’n aanlyn vriendskapsklub aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag moet jy dit vermy op presies te sê wat jy dink. Pluto moedig jou aan om versigtiger te wees – veral wanneer jy sosiaal verkeer met kollegas of intieme vriende.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Om reguit te wees oor geldsake – veral met familie of vriende – kan boemerang. Streef liewer daarna om ekstra diplomaties te wees wanneer jy intieme verhoudings probeer stabiliseer en verbeter.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

As jy intellek en intuïsie, die linker- en regterbrein, waarnemingsvermoë en kreatiewe vaardighede kombineer, gaan jy ’n ware wenner wees. Is dit boonop dalk tyd om meer toewyding teenoor ’n geliefde te betoon?

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sien vandag oos, wes, tuis bes terwyl jy familie en vriende versorg. Gebruik ook jou kragtige intuïsie om jou te help sien wat ’n kind, tiener of ouer werklik voel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die uitdaging is om op ’n opbouende manier stoom af te blaas. Alle vorms van oefening word bevoordeel, terwyl jy die beste maak van die vurige kraggolf in die hemelruim. Passie en kreatiwiteit is ook hoog.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy gaan lus voel om ander mense se emosionele knoppies te druk, maar op ’n lighartige manier. Jy het goeie bedoelings, maar mense gaan vandag ekstra sensitief wees. Kies dus jou woorde mooi.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jou opperste diplomatieke vaardighede gaan vandag benodig word met geliefdes of kollegas wat betrokke raak by misverstande en deurmekaarspulle. Wees dus die vredemaker en deel jou liefde uit!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Ou emosionele kwessies kan weer opduik, maar om buierig en misterieus te wees gaan nie die situasie aanhelp nie. Daarteenoor sal krag, passie en opmerksaamheid wel help. Jy het vandag die krag, Skerpioen!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Mercurius wat agteruitbeweeg, is dit tans moeilik om die regte dinge te sê. Jy is in die kollig vandag; probeer dus jou uitlatings so bemoedigend, insiggewend en positief moontlik hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Bekwame Steenbokke is gewoonlik hoogs rasionale skepsels, maar moenie die belangrikheid van jou innerlike stem miskyk nie. Jou intuïsie sal vandag vir jou die regte rigting aandui – as jy hom toelaat.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal dalk jou ambisies en verwagtings moet verduidelik aan iemand wat verward is oor jou toekomsrigting. As jy jou idees met passie en akkuraatheid uitdruk, gaan jy hom/haar oortuig.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is fyn ingestel op die gedagtes en gevoelens van ander aangesien jou verbeelding en intuïsie aangevuur is. Dis dus ’n uitstekende tyd om gesamentlike projekte aan te pak of om ’n vriend/vriendin in nood te help.

© Joanne Madeline Moore