JOU DAG

Vandag se Leeumaan skep gunstige omstandighede om op groot, dapper en mooi maniere kreatief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

As jy in die bui daarvoor is, kan jy uiters sjarmant wees. Hou in 2016 jou stresvlakke dop en maak seker jy isoleer jou nie van familie en vriende nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die fokus is op tyd saam met kinders, tieners, kollegas of vriende, maar jy kan misverstande verwag. Fokus op dit wat julle in gemeen het.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n fantastiese dag vir kreatiewe werk, maar dis nie ’n goeie tyd om op ’n verstandige manier met die koue, harde feite te werk nie. Gee jou oor aan jou verbeeldingryke kant, maar laat praktiese projekte vir ’n ander dag wag.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

As jy verwag dat projekte teen ’n spoed moet vorder, sal jy teleurgesteld wees. Alles sal langer neem as wat verwag word . . . en daar sal heelwat dinge wees wat jou aandag aftrek.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis beter om ’n baie kreatiewe benadering tot huidige werkskwessies te volg. Maar kommunikasie met ander kan verwarrend wees. Probeer om bondig en duidelik te praat.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om ’n kreatiewe kat te wees en jy soek vandag ekstra inspirasie by ongewoone vriende en op ver plekke. Vermy besluite oor geld tot jy helder kan dink.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Maagde is groot perfeksioniste, maar sake sal nie vandag vlot verloop nie. As jy by veranderende omstandighede aanpas en misverstande met grasie aanvaar, sal jy goed regkom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Dis tyd om iets onverwags saam met jou maat te doen. Bederf hulle met ’n wonderlike verrassing. Party enkellopendes sal liefde vind waar hulle dit die minste verwag.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy sal vinnig verveeld raak met jou gewone roetine. Maak die dag interessant met opwindende breke. ’n Geliefde kan jou telleurstel as hulle nie ’n verbintenis eerbiedig nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die Boogskutter is opgewonde en gereed vir aksie, maar dit beteken nie jou eerste idee is die beste een nie. Doen selfondersoek en luister na jou intuïsie – dit sal jou in die regte rigting lei.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Spontane benadering werk goed met ’n familielid, maar as jy by ’n groep betrokke is, sal jy baie meer subtiel moet wees. ’n Situasie is dalk nie so eenvoudig soos dit lyk nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vermy vandag belangrike geldbesluite omdat Neptunus sake kan deurmekaarkrap. Kollegas en geldsake is nie ’n goeie kombinasie nie. Probeer om die twee apart te hou.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Sake is nie soos dit lyk nie en jy voel verward of onseker. Maak voor jy reageer seker van die feite as iemand vir jou iets vertel wat nie reg klink nie.