JOU DAG
 Vandag se sterre beklemtoon heling, kreatiwiteit en nadenke.


AS JY VANDAG VERJAAR
 Jy beskik oor vele talente en hou daarvan om dit vrygewig met die wêreld te deel. Vanjaar moet jy ernstiger wees oor ’n intieme verhouding. 


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
 Vriendskappe met vroue lyk gunstig. Jy geniet die geselskap van eendersdenkende siele. Moenie meegevoer raak wanneer jy gaan inkopies doen nie; veg teen die drang om jouself te bederf.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
 Venus beweeg tot 5 Julie deur jou teken. Dit is goed om jou aan passies oor te gee soos kook, versiering, hernuwing, tuinmaak, musiek, kuns- of kunsvlytprojekte.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
 Jy is gretig om so gou moontlik in ’n projek in te duik, maar maak eers seker jy het al die nodige huiswerk gedoen – anders kan dit tot verwarring en algehele konsternasie lei.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
 Mars storm deur jou teken. Moenie alles so systap nie; doen meer. Kry jou inspirasie by die skilder Pablo Picasso: “By skilderwerk moet ’n mens optree soos in die lewe: reguit en direk.”


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
 Venus versterk jou loopbaanvooruitsigte, professionele projekte en verhoudings by die werk. Hoe meer kreatief jy met kollegas kommunikeer, hoe meer bevredigend sal jou dag wees.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
 Mars moedig jou aan om jou verwagtings en versugtings vir die toekoms te aktiveer. Moenie ’n alleenloper wees nie. Jy gaan die kreatiewe insette en samewerking van ander mense nodig hê om jou drome te bewaarheid.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
 Jy is gretig om ander mense te help, maar moenie toelaat dat hulle jou hulpvaardige geaardheid en jou behoefte om te dien, misbruik nie. Maak seker dis ’n tweerigtingstraat. Die sterre is ten gunste van meer proaktiwiteit by die werk.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
 Die maan beweeg deur jou teken, dus behoort jy vandag tuis te voel. Diep, emosionele kommunikasie met ’n geliefde sorg daarvoor dat die dag bevredigend verloop.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
 Jy sal jou eie geselskap geniet terwyl jy by jou innerlike self inskakel en aan persoonlike projekte werk. Jou intuïsie en verbeelding is aangevuur. Moenie die kans verspeel om iets spesiaals te doen nie.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
 Positiewe aspekte verskaf die geleentheid om ’n wankelrige verhouding te herstel. Boonop moedig die diplomatiese Venus en die proaktiewe Mars jou aan om op te hou stry en die olyftakkie van vrede uit te hou.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
 Alle vorms van navorsing en studie lyk gunstig, veral by die werk. Gebruik jou vermoë om afleidings te maak om verskuilde inligting aan die lig te bring. Geen geheim is veilig as ’n nuuskierige Waterdraer naby is nie.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
 Die klem val op kommunikasie en die gemeenskap: Jy sal ’n groot bydrae in jou plaaslike gemeenskap lewer. Jy sal diplomaties moet wees, want nie almal gaan waardeer wat jy aanbied nie.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017