JOU DAG

Die sterre moedig jou aan om opwindende nuwe ondervindings te soek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en sensitief, maar moenie toelaat dat ander mense jou verlei nie. Bly ferm by dit waarin jy glo. Bring meer tyd in 2017 aan kreatiewe en geestelike strewes deur.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou energievlakke is hoog, dus is dit ’n goeie dag vir liggaamlike, buitelug- en sportaktiwiteite en alle soorte kommunikasie. Ander mense sal jou geesdrif inspirerend en aansteeklik vind.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit sal aangenaam wees om met kollegas te kommunikeer terwyl julle mekaar idees gee en jul gevoelens openlik en eerlik uitdruk. Weerstaan die drang om meer aan te pak as wat jy kan baasraak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n gunstige dag om ’n dinkskrum te hou oor ’n radikale nuwe plan vir die toekoms. Gooi van jou ou drome by die venster uit en fokus daarop om vernuwende idees in jou wêreld in te bring.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius, Venus en Mars besoek jou vennootskapsones, dus is dit tans makliker as op enige ander tyd om probleme uit te stryk. Moenie net opgee en ’n problematiese verhouding in die “te moeilik”-mandjie liasseer nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Ou houdings gaan nie werk by die oplossing van ’n voortslepende verhoudingsprobleem nie. Hoe meer vernuwend en proaktief jou benadering is, hoe waarskynliker gaan jy op die lange duur sukses smaak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat jy ook al doen gaan lank neem. Indien iets egter nie uitwerk nie, moet jy nie huiwer om halfpad van koers te verander nie. Buigsaamheid is die volgende paar dae die sleutel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is ’n nuuskierige agie terwyl jy met familie en vriende kommunikeer. Dis ’n volmaakte dag vir reis, studeer of skryf. Weerstaan die drang om die nuuskierigste in die buurt te wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Maak jou gereed daarvoor dat jou gewone daaglikse roetine by die huis of werk onderbreek en heeltemal omgekeer gaan word. Dit gaan jou uit jou gemaksone skud en op ’n deurslaggewende nuwe koers plaas.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Positiewe Mars/Uranus-aspekte beloof ’n heerlike dag waarop jy die goeie dinge van die lewe gaan geniet. Sosialisering met familie en vriende kan voordele inhou. Onderdruk die versoeking om te reguit te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Sake-aangeleenthede lyk vandag gunstig, aangesien jy projekte met hernieude krag en ekstra motivering aanpak. ’n Radikale nuwe benadering kan ’n gesinsprobleem heeltemal op sy kop keer.

WATERDRAER, 21 Jan.-29 Feb.

Aktiewe Waterdraers is reg om te ontdek en te eksperimenteer terwyl julle die dag met opwindende avonture vul. Kommunikasie vloei gemaklik, dus moet jy seker maak jy het iets uiters interessants te sê.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy mag nou wel uiterlik ongewoon kalm voorkom, maar jou binneste voel vol elektriese energie en is gereed om te bars. Stadig oor die klippe en markeer die pas, anders gaan jy in die pekel beland.

© Joanne Madeline Moore