JOU DAG

Doen vandag jou bes om intellek en intuïsie te balanseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die versoeking om tot mense en dinge wat nie goed is vir jou nie, aangetrokke te voel. As jy wilskrag en intuïsie ontwikkel, sal jy iets bereik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die maan is in die vurige Leeu-teken, dus sal jy vandag fisiek rusteloos voel en emosioneel prikkelbaar. Jy is reg vir aksie en avontuur, maar vermy oorhaastige, halfgebakte gevolge.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan ander mense beïnvloed as jy 100 persent eerlik is. Koester tweerigting-kommunikasie, veral waar familie en vriende betrokke is. Neem jou tyd en luister aandagtig na die ander mens.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die maan skyn sy kollig op slim en kreatiewe kommunikasie, luister dus mooi na ander mense. En vermy dit om ’n impulsiewe – en uitspattige – aanlyn aankopie te doen waaroor jy later moontlik spyt kan wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wees gedissiplineerd en versorg jou liggaam met goeie kos en verfrissende oefening, terwyl Saturnus jou welsynsone stimuleer. Wat werkaangeleenthede betref, verander dinge teen ’n stewige pas.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Is jy agterstallig met die hoeveelheid tyd wat jy saam met ’n kind, tiener of intieme vriend deurbring? Maak seker jy respekteer hul individualiteit en waardeer die feit dat hul menings van joune kan verskil.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die gesin geniet vandag voorrang. Jou huidige motto kom van jou bekende verjaardaggenoot, die heilige Dalai Lama: “ ’n Liefdevolle stemming tuis is die hoeksteen van jou lewe.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Venus en Mars beloof liefde, romanse, vriendskap en prettige tye vandag vir gelukkige Weegskale. Dit is ’n uitstekende tyd om met kollegas te sosialiseer, terwyl jy sake met heelwat plesier meng.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie waardevolle tyd mors deur jou oor geldsake te kwel nie. ’n Kombinasie van ’n kundige sakesin en intuïsie sal jou vandag in die regte rigting lei. Werk daaraan om jou selfbeeld op te bou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die mense rondom jou kan vandag ’n bietjie onstuimige optrede van jou te wagte wees. Probeer om van jou oortollige energie ontslae te raak deur middel van fisieke aktiwiteite en buitemuurse avonture.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd vir uitgeslape Steenbokke om kreatiewe konsepte in praktiese projekte om te swaai. Moet egter nie aanneem jy weet wat ander mense dink nie. Stel vrae en luister fyn.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dis ’n wonderlike dag vir werkaangeleenthede terwyl jy ’n kombinasie van sjarme en vermetelheid gebruik om te kry wat jy wil hê . . . op die aangenaamste maniere. Ruim ook tyd in om ’n intieme vriendskap te koester.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Visse kan soms in ’n fantasiewêreld leef waar uitmuntende idees nooit ’n werklikheid word nie. Vandag moedig Saturnus jou aan om jou abstrakte aspirasies in werklikheid te omskep, veral by die werk.