Wat jou sterre voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius se agteruitbeweging beteken dis tyd om te hersien, herskeduleer en te besin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Fokus op persoonlike verhoudings in 2016. Soos die beroemde skrywer Kahlil Gibran, wat vandag verjaar, ons herinner: “Die lewe sonder liefde is soos ’n boom sonder bloeisels en vrugte.”

RAM 21 Mrt –20 Apr

Mercurius is in retrograde so jy kan maklik oor die volgende drie weke dit wat mense sê verkeerd interpreteer. As jy die tyd neem om na ander te luister, sal dit jou help om misverstande te vermy.

BUL 21 Apr- 21 Mei

Met Mercurius wat agteruit beweeg deur jou loopbaansone kan jy verwarring, misgeloopte afsprake en/of rekenaarchaos by die werk verwag. Dis nie ’n goeie tyd om vir werke aansoek te doen nie – wag tot ná 25 Januarie.

TWEELING 22 Mei- 21 Jun

Kletskous Tweelinge is mal oor skinder, maar oppas vir die geneidheid om oor die volgende drie weke geheime te deel. As iemand jou in hul vertroue neem, maak seker jy bly stil daaroor!

KREEF 22 Jun – 23 Jul

Daar mag dalk ’n stryd tussen die kop en hart/verstand en intuïsie vandag wees, terwyl jy sukkel om ’n besluit te maak oor iets wat jou bekommer. Op die ou end moet jy jou deur jou innerlike stem laat lei.

LEEU 24 Jul - 23 Aug

Wees ekstra diplomanties met familie en vriende oor die volgende drie weke terwyl Mercurius agteruit deur jou verhoudingsone tot 25 Januarie beweeg. Geliefdes sal nie beïndruk wees as jy te selfbehep is nie!

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Jou heersende planeet, Mercurius, beweeg tot 25 Januarie agteruit deur jou werksone. Maak jou dus reg vir gemengde boodskappe, misgeloopte afsprake en hope rekenaarchaos. Probeer dus om baie geduldig te wees!

WEEGSKAAL 24 Sep- 23 Okt

Jy moet oor die volgende drie weke ekstra taktvol wees met ’n moeë kind, tiener of vriende, anders gaan daar chaotiese kommunikasie wees soos julle mekaar se woorde, aksies en bedoelings misverstaan.

SKERPIOEN 24 Okt -22 Nov

Die Son/Pluto-ontmoeting beklemtoon jou diep en kragtige energie, so wees maar versigtig. Vermy dit om by argumente betrek te word en poog om jou besitlike streep onder beheer te hou.

BOOGSKUTTER 23 Nov- 21 Des

Wees ekstra versigtig as jy e-posse, teksboodskappe of twiets oor die volgende drie weke stuur, want dit kan baie maklik wees om iets vir die verkeerde persoon te stuur – en jou bedoeling kan heeltemal misverstaan word.

STEENBOK 22 Des- 20 Jan

Die volgende drie weke sal jou geldsake effe moeilik wees met agteruibewegende Mercurius wat jou sake in jou geldsone deurmekaarkrap. Weerstaan die drang om groot aankope te maak – al is dit op uitverkoping.

WATERDRAER 21 Jan- 19 Feb

Mercurius beweeg agteruit deur jou teken, so wees ekstra versigtig as jy reis, teksboodskappe stuur, twiet en met ander praat, anders is daar ’n goeie kans op misverstande, vewarrings of vertragings.

VIS 20 Feb – 20 Mrt

Moenie alles glo wat jy hoor nie – of iemand toelaat om jou op die paadjie na moeilikheid te lei nie. Vermy dit om belangrike besluite te neem en konsentreer eerder op kreatiewe of geestelike aktiwiteite.