Dit is wat die sterre vir vandag vir jou voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Daar is vandag struikelblokke wat oorkom moet word in verband met ’n verhouding.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar bring Jupiter seëninge ten opsigte van werk, gesondheid of troeteldiere. Jy moet partykeer opsy staan en die lewe sy gang laat gaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus flankeer tot 30 April deur jou teken. Dit is dus die perfekte tyd om ’n paar ou gunste op te eis, aangesien ander mense reageer op jou oorvloedige Ram-sjarme, geesdrif en vurige charisma.

BUL, 21Apr.-21 Mei

Met Mercurius wat tot 12 Junie deur jou teken beweeg, moet jy noukeurig let op hoe jy met ander kommunikeer. Luister fyn en reageer dan versigtig, slim en kreatief.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie sensitiewe emosionele sake ophaal nie, aangesien geliefdes nie vandag besonder vergewensgesind voel nie. Verhoudings werk soos ’n spieël en weerkaats dit wat jy miskien nie graag wil sien nie.

KREEF, 22 Jun.- 23 Jul.

Die son en Venus is in jou reputasiesone; dus is jy gretig om ander mense te beïndruk, maar moenie meer belowe as wat jy met gemak kan lewer nie. Wat ’n geldelike saak betref, moet jy jou intuïsie gebruik.

LEEU, 24 Jul.- 23 Aug.

Baie Leeus is vandag in ’n baasspelerige luim en probeer om ander mense te oorreed om presies te doen wat hulle wil hê. Maar is dit raadsaam? Slim Katte sal probeer om ’n ystervuis in ’n fluweelhandskoen te wees.

MAAGD, 24 Aug.- 23 Sept.

Mercurius, jou heerserplaneet, aktiveer op die oomblik jou avontuursone. Dit is dus die perfekte tyd om te studeer, reis, ontdek en eksperimenteer, terwyl jy inspirasie put uit buitelandse vriende en vreemde kulture.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jou diplomatiese vaardighede gaan vandag beproef word, aangesien familie, vriende of kollegas om elke hoek en draai probleme veroorsaak. Doen dus jou bes om onstuimige waters te kalmeer en fronse weg te stryk.

SKERPIOEN, 24 Okt .-22 Nov.

Magspeletjies is moontlik aangesien Pluto jou geneigdheid aanblaas om ’n beheervraat te wees. Iets wat jy egter moet beheer, is jou geldsake; dus moet jy daarna streef om die balans tussen uitgee en spaar te handhaaf.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.- 21 Des.

Vandag moet vriende en geldsake liewer ver van mekaar af gehou word. Kyk ook ernstig na jou persoonlike en professionele verhoudings en aanvaar verantwoordelikheid vir die rol wat jy in voortslepende probleme speel.

STEENBOK, 22 Des-20 Jan.

As jy probeer om mense en situasies te beheer, gaan vandag lank en moeilik wees. Jy het die mag om mense om jou te beïnvloed; dus moet jy seker maak jy doen dit op inspirerende, hulpvaardige en opgewekte maniere.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraer, alle soorte kommunikasie en sosiale media word op die oomblik bevoordeel, aangesien die gelukkige Venus jou aanmoedig om op verskeie maniere kontak te maak met uiteenlopende mense.

VISSE, 20 Feb.- 20 Mrt.

Vandag is ’n goeie dag om jou doelwitte en drome neer te skryf. Maar wat jou portuurgroep betref, moet jy gesonde oordeel aan die dag lê en nie tyd verspil met ligsinnige vriende wat jou drome gaan saboteer nie.