JOU DAG

Vandag se sterre moedig jou aan om prettige dinge op ’n gefokusde manier te doen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy voel op jou gelukkigste wanneer jy ’n verdienstelike saak ondersteun. Die volgende 12 maande is die tyd om in aanvoeling te kom met jou diepste emosies.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy ander mense probeer oortuig van jou uitgangspunt – en dit op ’n afdwingbare manier doen – gaan jy jou teen weerstand uit alle rigtings vasloop. Koel kompromie is die slim uitweg.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n super dag om jou toewyding tot ’n vriendskap te vier en te versterk, ongeag of dit die romantiese, platoniese of besigheidstipe is. Ruim ook bietjie tyd in om na te dink en te peins.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy sal sien dat jy vandag gou verveeld raak, Tweeling. Dit is dus die ideale tyd om voort te gaan met ’n fassinerende nuwe stokperdjie of uitdagende projek wat jou denke stimuleer en jou ingebore nuuskierigheid tevrede stel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel dit of jou emosies tuimeltrein ry, Kreef? Daar is heelwat uitdagings om aan te pak en jy gaan dit die beste regkry as jy ander mense kan oortuig om saam met jou, eerder as teen jou, te werk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die meeste Leeus is dol oor gesels! Die huidige planetêre patrone verhoog jou nuuskierigheid, asook jou neiging om baie te praat. Jy het beslis heelwat om te sê, maar ruim ook tyd in om na ander mense te luister.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die meeste Maagde is geestelik skerpsinnig en presies. Vermy egter vandag die oordenking en oor-analisering van situasies. Die planete moedig jou aan om na die breër prentjie te kyk – en dan in te spring, pens en pootjies!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Baie Weegskale word tans omring deur intrige terwyl voorheen verborge geheime na die oppervlak styg. Maak seker dat jy enige nuwe inligting so subtiel en diskreet moontlik hanteer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Verhouding met ’n geliefde het die kans om vandag meer diepte te kry, Skerpioen. Vermy dus kunsmatighede en praat liewer oor diep, belangrike sake wat jou pla.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie tyd mors deur jou te bekommer oor waarheen jy op pad is nie, Boogskutter. Aktiewe verbeelding en kreatiewe visualisering is twee puik maniere om jou toekoms in oënskou te neem ... en dit dan in die werklikheid te verander.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Is jy hardkoppig oor ’n persoonlike of professionele kwessie? Die sterre moedig jou aan om ’n nuwe benadering te beproef terwyl jy kies om die probleem op ’n kalm, kreatiewe en samewerkende wyse op te los.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Fokus daarop om die lewe waarna jy soek, te manifesteer sonder om te erg konvensioneel te raak. Wees avontuurlustig, Waterdraer! Soek ook ekstra maniere om aanlyn sowel as binne jou plaaslike gemeenskap kontakte op te bou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Baie Visse voel tans rusteloos en onvergenoegd. Vandag is dus ’n goeie dag om jou volgende Vis-eskapade te beplan. En die beste tyd om ’n naweek-blaaskans te neem is tussen nou en 18 Oktober.

© Joanne Madeline Moore