JOU DAG

Venus skuif by die Tweeling in. Dit beklemtoon prettige gesprekke en gesellige aktiwiteite.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is groot pret om by jou te wees, maar jy kan ook baie wisselvallig wees. In die komende 12 maande moet jy vermaak en opgewondenheid met betroubaarheid kombineer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag gaan ietwat soos ’n tuimeltrein voel, want jy kry ’n opwindende projek aan die gang. Markeer jou pas en pasop dat jy nie op die verkeerde tyd die verkeerde ding aan die verkeerde mens uitblaker nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy kan ander mense grootliks beïnvloed solank jy 100 persent eerlik is. Bewerkstellig tweerigtingkommunikasie, veral waar familie en vriende betrokke is. Maak tyd om werklik te luister.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus is tot 31 Julie in jou teken; daarom is dit tyd om charismaties te wees en ’n klompie gunste van lank gelede op te eis. Ander sal dit moeilik vind om jou pikante sjarme en vriendelike geaardheid te weerstaan.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vandag moet jy veral by die werk besonder geduldig en diplomaties wees met iemand. As jy presies sê wat jy dink, kan dinge in ’n heeltemal onvoorspelbare rigting beweeg.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Was die verhouding met ’n vriend/in of kennis die laaste paar weke ongemaklik? Wees beter kommunikasie te wagte – solank jy die nodige tyd afstaan en moeite doen.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Kreatiewe denke help jou om ’n probleem op te los wat jou lankal hinder. Moet egter nie ’n finale besluit neem nie. Dink daaroor. ’n Verhouding met ’n vriend/in of gesinslid gaan met rasse skrede verbeter.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus, jou heerserplaneet, besoek tot 31 Julie die teken van die Tweeling. Dit beteken daar gaan twee kante wees aan elke verhaal oor verhoudings. Wees aanpasbaar en bly op jou tone.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moet jy jou kontantvloei verbeter? Konsentreer daarop om jou geldsake op praktiese en behendige maniere te bevorder. Kan jy ’n aanlyn winkel van stapel stuur, ander mense onderrig of ’n mini-onderneming van die huis af begin?

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Venus beweeg tot 31 Julie deur jou verhoudingsone. Die volgende paar weke sal dus handel oor liefde, romanse, vriendskap, beraadslaging en/of jou sosiale lewe. Geniet dit!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Venus verkwik jou werksone; dis ’n kans om werklik te vorder. Moet egter nie toelaat dat professionele vooruitgang ten koste van jou vriende, gesin en persoonlike lewe geskied nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Kommunikasie en verskeidenheid is die gonswoorde terwyl jou rustelose sy die oorhand kry. Uranus help jou om meer take op ’n slag baas te raak, maar moenie te veel hooi op jou vurk laai en jou energie in alle rigtings versprei nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is beslis ’n geval van oos wes, tuis bes; die diplomatiese Venus besoek jou huishoudelike sone. As jy probleme gehad het met ’n familielid, is die tyd nou ryp om met ’n warm hart vol liefde brûe te bou.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.