aries-hg-w

JOU DAG

Weerstaan vandag die drang om onvanpaste kommentaar uit te blaker.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om in 2017 meer aanpasbaar te wees. As jy te rigied is in jou uitkyk, kan jy geleenthede misloop. Oktober en November is uitstekende maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die planete moedig jou vurige en impulsiewe sy aan. Jy gaan baklei as ’n vriend of gesinslid jou omkrap. Koel af, anders gaan jy teen die einde van die dag pootuit wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag gretig om te kommunikeer en te gesels. Verwag ’n besige dag. Jy gaan met kollegas gesels of op die hoogte kom van familie en vriende se doen en late. Moenie verwag almal gaan hou van dit wat jy kwytraak nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Weerstaan die drang om iets ondeurdags uit te lap wat jou later gaan berou. Professionele verhoudings is tans ingewikkeld, aangesien kollegas jou tyd en aandag op verskillende maniere eis.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy gaan waarskynlik vandag buierig en ongemaklik voel, want klein dingetjies en voorbarige mense irriteer jou. Koel af en raak rustig voor jy jou humeur verloor en ontplof.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vurige Leeus, weerstaan die versoeking om ’n woedeuitbarsting te hê. Jy het tans heelwat hooi op jou vurk. As jy die pas markeer is daar minder kans vir onstuimigheid en onaangename rusies.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit gaan vandag moeilik wees om reguit te dink, aangesien intense gevoelens jou oordeel omvergooi en jy op ’n subjektiewe manier op dinge reageer. Los belangrike besluitnemings vir ’n meer geleë tyd.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy vandag ongeërg is, gaan ander mense instorm, oorneem en besluite namens jou neem. Sorg dat jy die moed het om jou behoeftes te verwoord en dit waarin jy glo, te verdedig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy nie jou kompulsiewe behoefte om in beheer te wees, vandag bedwing nie, is magspeletjies waarskynlik. Slim Skerpioene sal ander mense toelaat om hul eie besluite te neem en hul eie foute te maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre klits jou welsynsone op, dus gaan jy gespanne voel. As jy tyd inruim om saam met vriende te ontspan, sal dit help om rustig te raak en jou siel te voed.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan moontlik teenkanting by ander mense kry in jou strewe om met iets voort te gaan. Vermy die versoeking om mense af te knou, want dit gaan sake vererger. Raak rustig en vind ’n balans.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Duur dit altyd ’n ewigheid vir ’n mens se drome om waar te word? En blameer jy omstandighede of ander mense vir die oponthoud? Kyk na jouself. Is jy nie jou grootste saboteur nie?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan vandag emosioneel voel. Probeer om dinge nie op te krop nie. Maak seker jy praat met ander mense oor jou gevoelens. ’n Wederstrewige familielid of buurman kan jou beperkte geduld beproef.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017