JOU DAG

Met vandag se sterre moet jy die onverwagte verwag en daarvolgens beplan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie aantreklik en sjarmant en het ’n groot verskeidenheid vaardighede en talente. In 2016 raak jy meer betrokke by mense in jou plaaslike gemeenskap wat soos jy dink.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme voel vandag rusteloos en roekeloos. Met die ligging van die maan en Uranus is jou geduld beperk en jy wil hê dinge moet vinnig gebeur. Jy is in die bui vir avontuur en verandering.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Stry jy met ’n geliefde? Met die vredeliewende Venus in jou sone vir romanse, kinders en vriendskap is dit tyd om die olyftakkie van vrede aan te bied.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Bly vasberade wat ’n weerspanninge gesinslid betref. Jy sal hulle uiteindelik met jou gladde mond oorhaal. Geduld is die sleutel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Party Krewe sal emosioneel gespanne voel omdat wat jy wil hê en wat jy nodig het verskil. ’n Vriend of kollega eis jou aandag – maak tyd vir hulle.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is gemaksugtig terwyl die maan na jou teken beweeg en jy is meer geneig om soos ’n diva op te tree. Probeer om kreatief en selfversekerd eerder as baasspelerig en dominerend te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is omring deur misterie en intrige. Jy deel ’n geheim, los ’n duister probleem op of lees ’n nuwe misdaadfiksieboek. Probeer om ontspanning by jou besige skedule in te sluit.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Kommunikasie is vandag die gonswoord en jy stuur boodskappe en e-posse, twiet en praat baie. Maak seker van jou feite voor jy jou mond oopmaak as jy voor ander moet praat!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene is koppige siele en kan dit moeilik vind om uiteenlopende menings te akkommodeer. Probeer om vandag ’n verskeidenheid sienings te oorweeg en moenie in die versoeking kom om dinge net as swart of wit te sien nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die kollig val op reis en avontuur vir die spontane Boogskutter. Jy verken die wye wêreld buite jou deur. Wees ekstra versigtig wanneer jy bestuur, fietsry of naby verkeer loop.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

’n Vriend of familielid kan jou met ’n onverwagte skuif verras. Beskou dit in ’n positiewe lig, want dit is dalk net wat nodig is om sake in ’n nuwe, positiewe rigting te laat beweeg.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die goeie ligging van die maan en Uranus sorg vir ’n prettige dag met lewendige gesprekke en jy is baie besig. Die omstandighede is goed vir gesamentlike ondernemings, maar jy moet besef almal is nie so geesdriftig soos jy nie.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met die vredeliewende Venus in jou vennotskapsone is jou motto tans die woorde van die Skotse skrywer Robert Louis Stevenson: “ ’n Kompromie is die beste en goedkoopste prokureur.”