JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel fisieke aktiwiteite en vurige gevoelens.

AS JY VANDAG VERJAAR

2016 is die jaar dat jy minder tyd moet mors op bekommernisse en meer tyd bestee om uitdagings aan te pak en dinge te geniet. Kry ook ’n gereelde manier van ontspan en hou daarby.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal aangevuur voel, dus moet jy ’n uitdagende projek kry waarheen jy jou energie kan kanaliseer. Rustelose Ramme is reg vir aksie . . . maar dit beteken nie jou eerste gedagte of idee is noodwendig die beste een nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Skep vandag asem, Bulle. Dit is tyd vir ’n bietjie stil nabetragting waartydens jy kan nadink oor waarheen jy op pad is – en waar jy vandaan kom. Bring ook ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n intieme vriend/in deur.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As dit kom by jou toekomsdrome, waag dit om anders te wees. Gebruik jou intuïsie om met kreatiewe oplossings vir huidige probleme vorendag te kom. Party gelukkige Tweelinge sal ’n fantastiese nuwe vriend/in ontmoet.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Maak gereed vir ’n paar verrassings wat die skool, jou werk of vrywillige werk betref. Vandag sal onvoorspelbaar wees – of praat ander mense dalk agter jou rug? Gaan nietemin voort met wat jy doen, Kreef.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kreatiewe projekte, spirituele sake en om ander te help is party van die maniere waarop jy vandag se sterre ten beste kan benut. Wat ’n werkaangeleentheid betref, gun jouself tyd om dubbel seker te maak oor al die feite en syfers.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Slim kommunikasie en kreatiewe onderhandelings sal jou vandag ver bring, Maagd. Maak seker jy doen eers al die nodige navorsing aangesien ’n paar verrassende details jou aandag gaan verg.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verbonde Weegskale – doen jy al die gee-werk, terwyl jou maat net ontvang? Balans is die sleutelwoord. Enkellopendes kan dalk aangetrokke raak tot iemand ver buite hul gemaksone.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus vandag is op jou fisieke gesondheid, Skerpioen. Dit is dus die ideale tyd om jou daaglikse roetine reg te ruk, jou dieet te verbeter, asook om prettige en buigbare maniere te kry om jou fiksheidsvlakke te verhoog.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sommige Boogskutters se kreatiwiteit skitter op onverwagte en ongewone maniere. Vir ander kan ’n eie gunstelingprojek dalk ’n verrassende nuwe rigting inslaan – of heeltemal tot stilstand kom.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Pligsgetroue Steenbok, jy werk hard daaraan om jou professionele doelwitte te bereik, maar moenie jou huislike lewe in die proses afskeep nie. As dit gebeur, gaan jou geliefdes op onverwagte maniere reageer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Kort reise word bevoordeel terwyl jy dit waag om iets op ’n heel ander manier te doen. Het jy steeds kontantvloeiprobleme? Moenie huiwer om aan kreatiewe maniere te dink om jou rande verder te rek nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is in die luim om veranderinge aan te bring . . . wat uitstekend pas by aanpasbare Visse. Maar moenie enige groot finansiële besluite neem voor jy nie meer stabiel, veilig en bestendig voel nie.