Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Venus is nou in die teken van die Visse en dit beklemtoon deernis en kreatiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wees in die komende jaar voorbereid op skielike veranderings en verrassings op die tuisfront. Wat werk betref: Hou die beloning voor oë.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Misterie is tans volop. As jy ’n verhouding het met iemand, kan jy voel jou maat steek iets vir jou weg. Sommige enkellopendes kan by ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak. Trap uiters versigtig.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jou huidige sterre is uitstekend vir netwerkvorming en groepsaktiwiteite. Jy kan ook geld maak uit kreatiewe ondernemings. Maak net seker jy doen vooraf deeglik navorsing.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Moenie die mag van slim netwerkvorming onderskat nie. Venus besoek jou kreatiwiteitsone; daarom is dit ’n goeie tyd om met kollegas te sosialiseer, jou portuurgroep uit te brei en jou verbintenisse ten volle te benut.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Venus besoek tot 3 Februarie jou avontuur- en reissone. Beplan dus so gou moontlik ’n genotvolle naweek weg. Probeer intussen jou kontaklys uitbrei deur nuwe internasionale vriende in te sluit.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy hou daarvan om jouself met ’n tikkie luuksheid te bederf. Moet dit nie oordoen nie, want anders gaan jy eindelik die pragtigste bankroetier in die blok wees. Jou grootste uitdaging vandag? Leer nee sê.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Venus is tot 3 Februarie in jou verhoudingsone; doen jou bes om ’n geliefde te oorreed om iets saam aan te pak. Maak ook planne om hierdie naweek gehaltetyd saam met gesinslede deur te bring.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Venus besoek tans die sone van jou daaglikse roetine; dus is die uitdaging om lank genoeg stil te bly dat jy werklik na ander kan luister. Speel ook met hope grasie en humorsin klaar met roetinetake.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kreatiewe aktiwiteite word beklemtoon – veral dié waarby kinders, tieners of intieme vriende betrokke is. Daar is ook ’n sweempie toorkrag en misterie in die lug; maak seker jy geniet die dag ten volle.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Soek maniere om jou huislike lewe gelukkiger en vreedsamer te maak. Dit kan die oplos van probleme met gesinslede insluit of die herorganisering van jou huishoudelike ruimte sodat dit jou huidige behoeftes beter pas.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Venus besoek tot 3 Februarie jou plaaslikegemeenskapsone. Hoekom nie ’n geselligheid vir jou vriende en bure reël nie? Jou huidige leuse is: “Dink universeel, doen plaaslik.”

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Venus, Mars en Neptunus beweeg almal deur jou geldsone. ’n Finansiële geleentheid kan oor jou pad kom, maar maak seker jy verstaan die besonderhede voor jy oorgaan tot aksie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die lewenslustige Venus glip deur jou teken en gee jou gemoed ’n hupstoot; dus sal baie Visse vandag meer sosiaal voel. Selfdissipline is op ’n absolute laagtepunt, terwyl die drang om plesier na te jaag op ’n absolute hoogtepunt is.

© Joanne Madeline Moore