JOU DAG
Vandag se sterre bevoordeel nougesette navorsing en slim kommunikasie.


AS JY VANDAG VERJAAR
 Jy is ongelooflik knaphandig – maar jy kan ook ligsinnig en oppervlakkig wees! Die komende 12 maande is die tyd om ’n groot droom in ’n praktiese werklikheid te omskep. 


RAM 21 Mrt. – 20 Apr.
 Ramme hou daarvan om die lewe met roekelose oorgawe te bestorm, maar vandag sal dit die beste wees om strategie met spontaniteit te balanseer. Dink dinge dus behoorlik deur voordat jy jou mond oopmaak of optree!


BUL 21 Apr. – 21 Mei
 Het jy geld op die brein? Het jy kontantvloeiprobleme? Gebruik diskriminasie en besnoei jou inkopielys sodat jy praktiese noodsaaklikhede koop eerder as duur snuisterye.


TWEELING 22 Mei –21 Jun.
 Moenie vandag dinge rakende ’n persoonlike kwessie of huishoudelike drama op sigwaarde aanvaar nie. Gebruik jou tyd en kyk baie dieper. Jy gaan sien daar gaan meer aan as wat jy met die eerste oogopslag raaksien. 


KREEF 22 Jun. – 23 Jul.
 ’n Intieme verhouding kan geleidelik verdiep tot by die volgende vlak. Jy gaan ook lus voel om vooruit te zoem met ’n vrywillige of werkprojek. Wees maar geduldig, want daar kan ook vertragings wees.


LEEU 24 Jul. – 23 Aug.
 Dit is tyd om die klein plesiertjies in die lewe te geniet, Leeu – ’n soentjie van ’n kind, ’n ontspannende bad of ’n wandeling in die park. Los vandag die nie-noodsaaklike dinge agterweë en konsentreer op dit wat werklik vir jou belangrik is.


MAAGD 24 Aug. – 23 Sep.
 Mercurius, jou heerser, verbind vandag met die kragtige Pluto. Gebruik dus jou slim kop om ’n probleem op te los, ’n legkaart aan te pak of ’n geheimenis bloot te lê. Alle soorte opvoeding en studie word ook bevoordeel.


WEEGSKAAL 24 Sep. – 23 Okt.
 Is jou woorde op? Dit is vandag tyd dat jy en ’n geliefde baie na aan mekaar kom en persoonlik raak terwyl julle die verhouding deeglik bekyk en nuwe maniere ondersoek om kommunikasie weer aan die vloei te kry.


SKERPIOEN 24 Okt. – 22 Nov.
 Jy is gretig om hard te werk aan ’n verhouding wat jou gedagtes stimuleer en jou emosies roer. Jy is ook in die luim om oor jou gevoelens te praat. Poog egter om dit op ’n taktvolle en insigryke manier te doen.


BOOGSKUTTER 23 Nov. – 21 Des.
 Haastige Boogskutters kan moeilikheid ondervind om op take te konsentreer. Mercurius en Pluto bring jou gedagtes tot bedaring en help jou om weer op die spoor te kom. Moet dus nie die kans vermors om dinge reg te stel nie.


STEENBOK 22 Des. – 20 Jan.
 Is daar te veel opperhoofde in jou wêreld en nie genoeg onderdane nie? Jy hou daarvan om die lakens uit te deel. Samewerking en kompromie is tans die sleutel tot suksesvolle kommunikasie met geliefdes.


WATERDRAER 21 Jan. – 19 Feb.
 Entoesiasme gaan jou vandag ver bring terwyl jy ’n liggaamlike of geestelike uitdaging met hope ekstra passie aanvaar. Wat die sosiale media betref, bring innovasie en proaktiwiteit sukses.


VISSE 20 Feb. – 20 Mrt.
 Jou motto vir die dag kom van jou beroemde verjaardaggenoot Clint Eastwood. “Respekteer jou pogings, respekteer jouself. Selfrespek lei tot selfdissipline. Ware krag kom wanneer jy albei behoorlik op jou kerfstok het.”


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017