Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg tot 22 September agteruit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is invloedryk en lief vir pret. In die komende jaar moet jy werk aan die uitbreiding van jou sakekontrakte in jou plaaslike gemeenskap.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mercurius in trurat moet jy eers ná 22 September kontrakte teken of groot items soos ’n rekenaar of motor koop. Sien ook so gou moontlik na enige gesondheidskwessies om.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Terugtrekkende Mercurius skep verwarring met kommunikasie – veral met intieme vriende. As jy egter samevattend is, kan jy steeds jou boodskap hard en duidelik oordra.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Berei jou voor vir huishoudelike dramas en gesinsfiasko’s terwyl Mercurius drie weke lank agteruit deur jou tuistesone beweeg. Haal netelige sake eers op ’n meer geleë tyd op.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg agteruit deur jou sosiale netwerksone; gaan dus alles wat jy stuur, twiet en pos dubbeld na voor jy die stuur-knoppie druk. Jy kan baie maklik die verkeerde boodskap aan die verkeerde mens stuur.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg agteruit deur jou geldsone, so raak meer geletterd oor jou finansiële situasie. As jy nie al die feite en syfers verstaan nie, kry iemand wat weet.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Mercurius wat agteruit deur jou teken beweeg, gaan dinge nie volgens plan verloop nie. Improvisering en geduld is nodig tussen nou en 22 September, wanneer Mercurius weer verander.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is sensitief, maar moet ook buigbaar wees omdat ander mense se gedrag nie rasioneel, voorspelbaar en duidelik verklaarbaar is nie. Streef daarna om die kommunikasielyne oop te hou.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

’n Verhouding is op die punt om deur diep waters te gaan, want Mercurius krap kommunikasie deurmekaar en verhoog fyngevoeligheid. Takt sal help.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Streef daarna om veranderinge by die werk aan te bring wat aan jou meer vryheid gee om kreatief te wees. Wees katvoet rondom ’n gefrustreerde kollega of kennis.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Let op oor hoe jy die volgende drie weke inligting deurstuur, want Mercurius beweeg agteruit. As jy vaag is, gaan jy verkeerd verstaan word. ’n Versigtige Steenbok-benadering sal wys wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy kan, moenie tussen nou en 22 September belangrike kontrakte teken nie, want Mercurius beweeg agteruit deur jou gesamentlike-finansies- en “geld-van-ander-af”-sone. Wees eerder geduldig en wag.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan gesprek-oorlading verwag, want Mercurius beweeg tot 22 September agteruit deur jou verhoudingsone. Maak seker jy kies jou woorde goed, anders gaan jy geliefdes ontstel.