JOU DAG

Jy het vandag gunstige sterre vir romanse, inkopies doen, kunstige pogings en gesamentlike ondernemings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vind iets in 2016 waaroor jy passievol is en raak persoonlik betrokke daarby. Maart en April is die beste maande vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Fokus vir ’n verandering op die behoeftes van geliefdes terwyl die son en Mercurius, wat agteruit beweeg, saam in jou verhoudingsone is. Die wagwoorde vir vandag is samewerking en kameraderie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan is vandag in jou teken en jy is dus in die bui om produktief te wees, hard te werk en tasbare resultate te sien. Maar jy sal ook intense emosies beleef. Probeer om dinge nie te ernstig op te neem nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met Mercurius wat steeds agteruit beweeg, is die uitdaging om lank genoeg op te hou praat sodat jy regtig na ander kan luister en daaglikse roetinetakies met hope grasie en opgewektheid te doen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Werk minder en fokus meer op jou gesin. Met Mercurius wat agteruit deur jou huishoudelike sone beweeg, het ’n klompie takies by die huis opgehoop wat gedoen moet word.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Moenie gesprekke monopoliseer nie. Volg die raad van die skrywer Truman Capote, wat vandag verjaar: “’n Gesprek is ’n dialoog, nie ’n monoloog nie.”

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die omstandighede is goed om te studeer, navorsing te doen, te lees, flieks te kyk en na musiek te luister. Maak tyd in jou besige skedule om te sit en delf in ’n onderwerp wat jy regtig geniet.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die fokus is op romanse . . . en dis ’n wonderlike dag om ’n liefdesgedig te skryf of ’n romantiese boodskap te stuur. Maar Mercurius beweeg steeds agteruit – maak dus seker jy haal nou en dan jou rooskleurige bril af.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Deeglike navorsing sal jou help om ’n oplossing te vind vir ’n probleem wat jou pla. Sit jou speurdershoed op en snuffel onder die oppervlak om uit te vind wat werklik aan die gang is.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die fokus is vandag op jou onafhanklike, nuuskierige, rustelose, vryheidliewende kant. Jy is lus om individuele projekte te ondersoek, maar moenie haastig geldelike besluite neem nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is vasbeslote om vinnig deur projekte te werk en dit af te handel, maar Neptunus moedig jou aan om ’n meer subtiele benadering te volg. Probeer om met praat by ’n oplossing te kom as jy probleme ervaar.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is vandag bedagsaam en behulpsaam teenoor geliefdes. As jy ander met sjarme en takt benader, sal jou pogings goed beloon word.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om nie vandag ’n spartelende of sloerende Vis te wees nie. Die pragmatiese Bul-maan help jou om te besluit wat jy wil hê. Jaag dit na met passie en volharding.