Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Sommige mense gaan vandag emosioneel afsydig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om ander mense te laat lag. Die ernstige Saturnus gaan jou volgende jaar help om baie meer bedagsaam, en selfs deegliker, te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die planete gee jou geesdrif en rustelose geaardheid nou krag. Jy het die passie om dinge aan die gang te kry. Al wat jy nog nodig het, is om deur te druk en dit ’n werklikheid te maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As jy jou vaardighede om probleme op te los met kreatiewe denke kombineer, gaan jy ’n wenner wees. Wat gesamentlike finansies betref, is dinge meer ingewikkeld as wat dit voorkom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Liefde en verpligting hou vandag met mekaar verband. Jy werk met ’n volwasse benadering deur verhoudingsprobleme. Enkellopendes, wat ’n bloeiende romanse betref, moet julle nie oorhaastig wees nie. Neem jul tyd.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer kreatief jy kommunikeer – en hoe meer netwerke jy met jou familie en vriende vorm – hoe beter gaan die dag wees. Moenie toelaat dat onlogiese obsessies jou oordeelsvermoë vertroebel nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit kan voel of ’n ou vriendskap agteruit beweeg, maar dit is besig om ’n splinternuwe fase binne te gaan. Moenie bekommerd wees nie. As jy aanpasbaar is – en geduld aan die dag lê – sal verhoudings spoedig weer normaal wees.

MAAGD, 24 Aug –23 Sept.

Eiendomme, saketransaksies en geldsake lyk vandag gunstig. Die maan versterk jou intuïsie, Mars sorg dat jy dapperder is as gewoonlik en Saturnus sorg dat dinge op ’n veilige en sinvolle manier vorentoe beweeg.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Intieme verhouding kan in ’n onverwagte rigting draai. ’n Huishoudelike situasie kan onvoorspelbaar raak en dit gaan al jou behendige diplomatiese vaardighede verg om dit op te los.

SKERRPIOEN, Okt 24-Nov 22

Maak jou gereed vir ’n dag vol verrassings, want jou roetine word deurmekaargeskud en omgeroer. Die planete se patrone moedig jou aan om jou moue op te rol en ’n projek wat stilstaan, weer aan die gang te kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Fyn lyn skei spontaniteit en sukses en haas en waaghalsigheid. Enkellopendes, soek liefde by iemand wat sexy, verstandig en goedhartig is.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag se sterre skud jou gemaksone deurmekaar. Dis ’n goeie ding, want dit dwing jou om ’n situasie uit ’n heel ander oogpunt te beskou. Dan eers kan jy iets daaromtrent doen.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is nog in ’n roekelose bui, want jy hou aan om onmin te veroorsaak en mense kwaad te maak. Maak net doodseker jy verbrand nie te veel skepe langs die pad nie. Enkellopendes kan blitsvinnig verlief raak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer gemotiveerd en georganiseerd jy by die werk is, hoe beter sal jou resultate wees. Moenie onvoorspelbare finansiële skuiwe maak wat later onverwags kan inplof nie.

© Joanne Madeline Moore