Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag sal dissipline en harde werk jou ver bring.

AS JY VERJAAR

Jy is mal daaroor om ‘n doelwit of visie te hê en daarna te streef. 2016 is die jaar om in pas te kom en te leer hoe om te delegeer, anders gaan jy stoom verloor.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wees konsekwent, Ram! Terwyl jy goed vaar om projekte aan die gang te kry, maak seker dat jou beloftes en goeie bedoelings die volle pad kan loop sodat jy effektief kan klaarmaak waarmee jy begin het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy gaan nie jou finansiële situasie verbeter deur op klein skaal te dink nie. Kreatiewe skrumdink en gesamentlike pogings sal jou help om ongewone maniere te kry om geld te maak, maar dit sal nie oornag gebeur nie. Dit gaan geduld kos.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Mercurius/Saturnus drietal is perfek om kreatiewe idees te vat en om te swaai in praktiese en produktiewe projekte. Dit sal harde werk en heelwat tyd kos, maar dit is die ekstra moeite oor en oor werd.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre plaas klem op gesondheidsake, so hou op aankruie op kruisspoed, Krappe! Dis tyd om bietjie professionele hulp en advies in te roep soos wat jy jou daaglikse dieet hersien en jou oefening roetine herstruktureer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die planete aktiveer jou avontuurlustige en ambisieuse sy, maar vertraag jou voordat jy jou rieme styfloop, Leeu! Taakmeester Saturnus moedig jou aan om jou entosiastiese idees te rugsteun met ‘n praktiese plan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is jou briljante Maagde self soos wat die sterre jou breinkrag en pynlike aandag aan detail aanspoor. So dit is die perfekte dag om volstoom deur papierwerk, navorsing, nasienwerk en die fyn verstelling van details te werk.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met die Son wat skyn in jou verhoudingsone, raak nou betrokke by geliefdes. Maar vermy dit om ‘n traak-my-nieagtige Weegskaal te wees. Om proaktief te wees oor die oplos van probleme is die sleutel tot positiewe verhoudings.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Spandabelrige uitstappies is ‘n gevaar, soos wat jou wenslysie jou huidige bankbalans verdwerg. Onder die versigtige invloed van Saturnus moet jy die gebruik van krediet vermy en nie geld spandeer wat jy nog nie gemaak het nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Haai, Boogskutter – moenie net rondsit en wag dat jou geluk vanself draai nie. Met praktiese, vasberade Saturnus wat stadig deur jou teken beweeg, is dit nou tyd om jou moue op te rol en die werk agter die rug te kry!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is ywerig om voort te stoom met ‘n persoonlike of huishoudelike projek, maar Saturnus het ‘n ander idee! Daar gaan baie agter die gordyne aan, so jy sal jou huiswerk moet doen en geduldig en volhardend moet wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wees realisties en prakties oor die manier wat jy vandag kommunikeer. As jy met ‘n weerbarstige familielid te doen het, sal jy sien dat bietjie suiker om die mond help om die boodskap op ‘n meer positiewe manier oor te dra.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie skaam wees nie. Met magtige Mars wat deur jou werksone beweeg, moet jy meer proaktief raak en vir ander wys waartoe jy in staat is. Selfversekering is die vuurpyl brandstof wat jou êrens gaan bring, Visse!