JOU DAG

Vermy vandag belangrike besluite, want daar sal waarskynlik verwarring wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Probeer om in 2016 die balans reg te kry tussen georganiseerd en spontaan wees. Moenie wrokke koester nie – maak dit jou beleid om te vergewe en vergeet.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan regte heethoofde wees en vurige emosies kan jou selfs meer impuslief en ongeduldig as gewoonlik maak. Vat dit kalm, want die kanse is goed dat jy oorhaastig en verward sal wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met dinamiese Mars wat tot 4 Januarie deur jou gesondheids- en fiksheidsone beweeg is dit tyd om jou lyf te laat oefen. Jy stap, kampeer of oefen in die heerlike buitelug.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Haastige woorde sal jou vandag in die moeilikheid laat beland. Dink mooi voor jy dinge sê waaroor jy later spyt sal wees. As jy ’n bakleiery soek, sal jy agterkom jy het jou meer moeilikheid op die hals gehaal as wat jy kan hanteer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Is jy realisties oor jou huidige projek? Dis goed om te droom, maar daar kom tye dat jy jou drome tot uitvoering moet bring. Jy is geneig tot uitspattigheid en gee te veel geld uit of brei iets te vinnig uit.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is lus vir studie en leer, maar moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie, veral wat ’n belangrike verhouding betref. Deurdink dinge liewer behoorlik voor jy ’n groot skuif maak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Hanteer familie en vriende vandag versigtig. As jy te vitterig, veeleisend of krities is, sal hul optrede onbestendig wees. Sluk ’n chill-pil en probeer ontspan.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Daar is dalk ’n bietjie te veel wrywing tuis met die planete wat probleme in jou huishoudelike sone veroorsaak. ’n Dubbele dosis diplomasie sal jou deur die dag – en nag – kry!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy betree ’n opwindende terrein deur nuwe mense in jou gemeenskap te ontmoet. Moenie verwag dat almal met jou intense idees en passievolle houding sal saamstem nie. Wees voorbereid om kompromieë aan te gaan!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is lus om jouself vandag na hartelus te geniet en oordoen omtrent alles – insluitend praat, eet, kuier en geld uitgee. Wees versigtig en moenie jaag as jy bestuur nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Geldsake en sakeverhoudings in jou gemeenskap lyk verwarrend. Moenie ander mense se weergawe van gebeure aanvaar nie. Neem die tyd om sake behoorlik te beskou voor jy ’n belangrike besluit neem.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As iemand jou nader met ’n geldooreenkoms wat te goed lyk om waar te wees, kan jy jou maar uit die voete maak. As jy bly rondhang, kan jy dalk omgepraat word om ’n lelike fout te maak.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is lus om vorentoe te beweeg, maar het nie rigting nie. Jy voel nogal soos ’n boot sonder ’n stuur. Jou energievlakke is ook baie laag. Beplan dus ’n stil dag en fokus op kreatiewe of geestelike aktiwiteite.