JOU DAG

Wanneer die maan in Boogskutter is, is dit ’n gunstige tyd vir studie, sport, oefen en reis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n perfeksionistiese streep; 2016 is die jaar om te wys hoe gaaf, liefdevol en deernisvol jy kan wees.

RAM 21 Maart – 20 April

Met die maan wat deur die spontane Boogskutter beweeg, is jy vandag lus om slim en kitsbesluite te maak. Werk, reis, avontuur en prettige groepsaktiwiteite word ook bevorder.

BUL 21 April- 21 Mei

Die fokus val daarop om verhoudings te verbeter . . . ongeag of dit romanties, platonies of sakeverhoudings is. En is dit dalk tyd om jou vriendekring te vernuwe met ’n nuwe internasionale groepie vriende?

TWEELING 22 Mei – 21 Junie 

Pas jou gewone roetine aan. Met Mars wat deur jou welstandsone beweeg, is dit tyd om jou hardloopskoene uit te haal en oefening te kry, of dit nou in die gim of buitelug is.

KREEF 22 Junie – 23 Julie 

Mars en Pluto help jou om ’n heersende verhoudingsprobleem op ’n dieper, meer interessante manier te bekyk. Met ’n paar strategiese veranderinge kan die verhouding omgeswaai en verander word.

LEEU 24 Julie – 23 Aug

Jou vurige humeur – of ’n impulsiewe uitbarstings – kan dinge vandag ’n bietjie omkrap. Die huidige situasie is ingewikkeld, so probeer kalmeer bly en om perspektief te behou.

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Hegte verhoudings lyk vandag verwarrend omdat julle mekaar se motiewe misverstaan. Hoe meer proaktief jy kommunikasieprobleme probeer uit klaar, hoe beter sal die dag uitdraai.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Impulsiewe finansiële besluite kan jou oor die volgende paar maande in groot skuld dompel. Vermy wenskopies en internetsoektogte wat tot ’n spontane inkopietog kan lei.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

Mars en Pluto vuur jou emosies aan en versterk jou behoefte om met ander te kommunikeer. Dit is dus ’n goeie dag om jou gevoelens uit te druk met ’n inskrywing, teksboodskap of twiet.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Jy voel vandag lewenslustig en geesdriftig met die maan wat deur jou teken beweeg. Maar as jy haastige gevolgtrekkings maak, kan jy jou in ’n lelike penarie bevind.

STEENBOK 22 Des – 20 Jan

Alle soorte gemeenskapsprojekte, groepsaktiwiteite en sosialenetwerksake word vandag beklemtoon met Steenbokke wat hul plaaslike kontakte uitbrei en hul vriendekring koester.

WATERDRAER 21 Jan – 19 Feb

Jy is vandag op die een of ander manier in die kollig, so doen jou bes om jou beste voet voor te sit. Vermy dit om verwarrende finansiële besluite te neem . . . neem jou tyd om dinge goed te deurdink.

VISSE 20 Feb – 20 Maart

Ingewikkelde emosies en ’n komplekse werksituasie kan tot ’n baie verwarrende dag lei. Vermy dit dus om belangrike besluite te neem of verbintenisse aan te gaan tot jy meer ingeburger voel.