JOU DAG

Mars is nou in Sagittarius en dit bevoordeel sport, reis en avontuur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het aansienlik meer selfvertroue as wat jy in werklikheid voel. Bou jou selfvertroue in die komende 12 maande op.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mars, jou beskermheerplaneet, beweeg tot 27 September deur die medevuurteken van die Boogskutter. Dit versterk jou onafhanklike, avontuurlike, uitbundige sy – en jou baasspelerige streep.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius en Mars moedig jou aan om meer opsies te oorweeg. Jou huidige motto kom dus van jou beroemde verjaardaggenoot, Martha Stewart: “Sonder ’n oop gemoed kan jy nooit ’n groot sukses wees nie.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mars stoot die toere op in jou geliefdes se sone, dus is dit tyd om proaktief te wees en probleme rakende maats so gou moontlik op te los. Met ’n oorywerige Tweeling-houding kan jy verhoudings verbeter.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mars, die aksieplaneet, beweeg tans deur jou welsynsone, dus is dit tyd om proaktief te raak oor jou dieet en fiksheid. Spring dus van die gemaklike rusbank af, gryp ’n groen skommeldrankie en raak aan die oefen.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is vol vuur, want die planetêre aspekte versterk jou kat-charisma. Maar, wat ’n kind of tiener betref, moet jy seker maak jou aanwysings is kort en duidelik, anders gaan verwarring ontstaan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Mercurius en Jupiter albei in jou teken, is dit tyd om dapper, avontuurlustig en onbevooroordeeld te wees. Jou beroemde verjaardaggenoot, Martha Stewart, herinner: “Hoe meer jy aanpas, hoe interessanter is jy.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale verafgood uiterlike skoonheid en modes. Kry vandag ’n kykie op dit wat jou binnekant aan die gang hou – jou sin vir eiewaarde en kernwaardes – terwyl jy jou eie innerlike prag waardeer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die proaktiewe Mars beweeg tot 24 September deur jou geldsone, dus moet jy die versoeking weerstaan om onverskillig te wees met geld. Wees liewer proaktief in die soeke na nuwe maniere om jou banksaldo te verbeter.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Mars storm nou tot 27 September deur jou teken. Vooruitgang gaan wisselvallig wees, aangesien Mars jou motiveer om vorentoe te beweeg, terwyl Saturnus jou waarsku om te besin voor jy begin.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is gretig om die lakens uit te deel, maar daar is ’n groot verskil tussen ander mense lei en bloot baasspelerig te wees. Dominerende gedrag gaan tot dramas lei, dus behoort julle nederig te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Alles handel oor vriendskap, die krag van die groep en die uitbreiding van jou invloedskring terwyl die magtige Mars jou netwerkvaardighede versterk. Wees proaktief in die navolging van ’n spesiale droom.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die dinamiese Mars storm deur jou beroepsone, dus is daar geen verskoning vir uitstel wat werk betref nie. Hoe meer proaktief en positief jy is, hoe meer gaan jou loopbaan floreer