aries-hg-w

JOU DAG

Vasberadenheid en konsentrasie sal die werk gedaan kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet in die komende 12 maande die pas markeer en een tree op ’n slag gee ten opsigte van take. Poog om meer sensitief en vrygewig te wees teenoor ’n vriend/in of kollega wat moeilikhede ondervind.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Hou op so haastig wees, Ram. Dis die perfekte dag vir alleenaktiwiteite terwyl jy onafhanklik aan ’n langtermynprojek werk. Deur harde werk en heelwat uithouvermoë kan jy werklik jou drome laat waar word.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Wat ’n gesinslid of intieme vriend/in betref, gaan daar heelwat onder die oppervlak aan waarvan jy moontlik nie bewus is nie. Span dus jou intuïsie en gesonde verstand saam in om die koring van die kaf te skei.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Baie mense gaan vreeslik ernstig voel – dankie tog vir joviale Maagde! Moet net nie die humor oordoen nie. Sommige sensitiewe vriende, in die vlees en aanlyn, moet versigtiger behandel word.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Moenie verwag dat jou geliefdes jou met liefde en aandag gaan toegooi nie. Mense is vandag emosioneel meer teruggetrokke, dus moet jy nie dinge persoonlik opneem nie. Put liewer uit jou eie emosionele reserwes.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Hoe meer prakties jy is, hoe beter gaan die dag wees. Hou by die werk waarmee jy besig is en moenie toelaat dat vae bekommernisse jou van stryk bring nie. Konsentreer ook daarop om jou fantastiese doelwitte vir die toekoms neer te pen.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Jy help graag ander mense. ’n Vriend/in of gesinslid kyk hoeka nou op na jou vir slim idees en gesonde raad, nie kritiese aanmerkings en streng prekery nie. Pas dus jou benadering daarvolgens aan.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Die entoesiasme loop hoog, maar moenie tot haastige, halfgebakte gevolgtrekkings kom en dan onjuiste inligting aanstuur nie Die ernstige Saturnus waarsku jou om te dink voor jy praat en inligting in te win voor jy optree.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Jy het baie hooi op jou vurk, maar moenie vandag veel hulp van mense tuis of by die werk verwag nie. Jy sal jouself maar moet aanmoedig terwyl jy take in solo-Skerpioenstyl aanpak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Saturnus beweeg deur jou teken en bemoeilik dinge. Maar dit sal jou help om te groei en volwasse te raak. Jou slagspreuk vir die oomblik? Die lewe handel oor die aanvaarding van uitdagings en om dan daaruit te leer!

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Steenbokke is die werkslawe van die diereriem – en jy is vandag in snelrat. Jy is in die bui om lank en hard te werk. Boonop het jy nog die motivering en dissipline om ’n geweldige klomp werk gedoen te kry.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Moet jou nie bekommer oor foute maak nie. Beproef aanhoudend nuwe dinge en put jou inspirasie uit die wyse woorde van jou mede-Waterdraer die legendariese akteur Jack Lemmon: “Mislukking sal jou nie seermaak nie, maar die vrees vir mislukking sal jou vermink.”

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Saturnus por jou aan om aandag te gee aan belangrike besonderhede en op jou heel beste te wees. Jou huidige motto kom dus van die beroemde komediant Jerry Seinfeld, wat vandag verjaar: “Wees oplettend. Moenie toelaat dat die lewe by jou verbygaan nie.”

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017