JOU DAG

Kommunikasie en kreatiewe denke word versterk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vrolik en lief vir pret, maar tog ook geneig om dinge uit te stel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die sterre aktiveer jou kommunikasiesone. Dit is dus ’n gunstige tyd om met familielede, vriende en bure te sosialiseer terwyl jy aan stimulerende gesprekke deelneem.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy het ’n goeie sakebrein en geldsake is vandag in jou gedagtes. Dit is tyd om jou banksake met ’n geldslim vriend te bespreek of na te lees oor die manier waarop jy jou bates slimmer kan bestuur.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Slim kommunikasie is die sleutel tot ’n bevredigende dag. Hoe meer jy die netwerk gebruik en met invloedryke mense meng, hoe meer wenke sal jy kry en hoe suksesvoller sal jy wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Is jou tenk leeg? Streef daarna om die verhouding reg te kry tussen op die voorpunt van dinge by die werk te wees en steeds tyd te hê om te peins en jou batterye te herlaai. Balans is die sleutel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Heelwat voordeel is te kry uit die kanalisering van jou vurige energie na professionele projekte. Moenie ander mense ontstel deur baasspelerig of onvoorspelbaar te wees nie. Probeer jou bes om sjarmant en hulpvaardig te wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is in die luim om met vriende oor ’n wye reeks onderwerpe te gesels. As jy jou neiging kan beheer om ander mense te kritiseer, gaan jy ’n heerlike dag hê.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verhoudings dien as ’n spieël. As jy vandag gespanne is en misverstaan voel, sal dit presies wees wat jy van geliefdes gaan terugkry. Ondersoek jou binneste ten einde die antwoorde te vind wat jy soek.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die pas van die lewe versnel en jy probeer ’n verskeidenheid take in die lug hou. Jy is meer ontvanklik vir ongelukke, dus moet jy die pas markeer – veral wanneer jy in die verkeer stap of ry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die meeste probleme ten opsigte van kommunikasie ontstaan weens die gebrek aan betekenisvolle skakeling. Mercurius moedig jou vandag aan om sake met ’n geliefde uit te praat. Dan sal jy dinge uit hul oogpunt sien.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die son en Venus besoek albei jou verhoudingsone, dus is dit hoog tyd dat jy jou trots sluk en ’n geliefde halfpad ontmoet. Met kompromie – aan albei kante – kan jy dinge weer op koers kry.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die sterre gee jou intuïsie en kreatiwiteit vandag ’n hupstootjie. Dit is dus ’n gunstige tyd om met die kreatiewe muse binne-in jou te skakel en ook by die gedagtes en gevoelens van ander mense in te skakel, in die vlees, sowel as aanlyn.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou intuïsie is aan die brand. As die stemmetjie aan jou binnekant vir jou sê iets – of iemand – is nie die ware Jacob nie, moet jy seker maak dat jy op daardie belangrike inligting reageer.