JOU DAG

Streef daarna om kreatief wees en prakties wees te balanseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense is aangetrokke tot jou romantiese en magnetiese aard. 2017 is die jaar om kreatief by die werk en prakties tuis te raak.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Pla ’n kwessie by die werk jou? Vermy kortsigtigheid en impulsiewe skuiwe. ’n Kalm, deurdagte benadering – met ’n langtermyn-uitkyk – is die beste raad.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Ervaar jy probleme met romantiese verhoudings of platoniese vriendskappe? Hoe meer emosioneel hardkoppig jy is, hoe meer frustrerend gaan die dag raak. Venus moedig Bulle aan om heelwat meer samewerking te gee.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Navorsingsprojekte en fyn aandag aan detail vind voordeel, met die sterre wat jou studie-gene aktiveer. Wat ’n intieme verhouding betref, doen jy jou deel?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Bly realisties, Krewe! Daar is vandag ’n fyn onderskeid tussen denkbeeldigheid en bedrieglikheid; wees dus versigting. Gebruik jou aktiewe verbeelding op goeie, opbouende maniere, en moenie alles glo wat jy hoor nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag kan jy ’n toneel of gesprek keer op keer in jou kop laat afspeel. Staar jy die koue, harde feite in die gesig? Of koppel jy bloot ’n naïewe Neptunus-nadraai aan dit wat werklik gebeur het?

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se sterre moedig jou neiging aan om jou te bekommer oor nietighede en jouself heeltemal te ernstig op te neem. As jy jou moet bekommer, maak seker dis oor iets wat regtig saak maak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Huishoudelike drama of verhoudingsprobleem neem jou tyd in beslag, terwyl jy jou bes doen om dinge uit te stryk. As enigiemand onstuimige waters kan kalmeer of fronse laat wyk, is dit nou ’n diplomatiese Weegskaal!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag lyk geldsake ingewikkeld en om die begroting te laat klop, behoort jou topprioriteit te wees. ’n Kind, tiener of intieme vriend kan jou verwar deur ’n onverwagte skuif.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy besit die Boogskutter-gawe om te babbel, maar probeer om dit wat by jou mond uitkom, te redigeer, anders kan jy iets kwytraak waaroor jy later spyt is. Nie almal wil hoor wat jy te sê het nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie gaan vandag kreatief of verwarrend wees, Steenbok; dit hang van jou af. Jy sal sien, hoe meer jy ander prys en ondersteun, hoe meer produktief en positief raak die dag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Voel jy verward en onseker oor jou finansiële toekoms? Met die newelagtige Neptunus in jou geldsone, moet jy geen groot skuiwe maak voor jy nie al die toepaslike feite beskikbaar het nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat jou Vis-toekomsplanne betref, is jy vol skeppende idees en kreatiewe planne. Kan jy die onderskeid tref tussen ’n heerlike dagdroom en ’n twyfelagtige mistasting?

© Joanne Madeline Moore