JOU DAG

Dis ’n wonderlike dag om jou horisonne te verbreed terwyl jy ’n nuwe, opwindende gebied betree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie nuuskierig en hou van lees en navorsing. Probeer om in 2016 meer ontspanne en gesellig te wees en meer pret te hê!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vurige woorde sal jou nêrens bring nie. Die fokus is op kommunikasievaardighede en jy probeer’n geliefde so ver kry dat hulle jou siening verstaan. Daarna luister jy goed na hoe hulle reageer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy het talle idees – waarom deel jy nie van jou kreatiewe energie met ander nie? Die omstandighede is gunstig vir gesamentlike, professionele ondernemings. Julle kombineer jul vaardighede en ruil kennis uit.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Ou herinneringe kan jou ontstel, maar moenie jou gevoelens onderdruk nie. Gebruik dit as ’n geleentheid om van ou, negatiewe energie ontslae te raak. Dan kan jy op ’n positiewe, proaktiewe manier vorentoe kyk.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis die beste om vandag te sê hoe jy voel. Moenie toelaat dat geldkwessies tussen jou en ’n gesinslid kom nie. Hoe positiewer jy is, hoe aangenamer sal die dag wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal vandag rusteloos voel. Verskeidenheid hou die lewe interessant. Jy hou aan beweeg en beplan heelwat uitdagende aktiwiteite om te keer dat jy nie verveeld voel nie. Die omstandighede is goed vir werk en geldsake.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is vandag ekstra nuuskierig. Jy soek opwindende, nuwe idees en neem aan stimulerende gesprekke deel. Wees voorbereid om anders te begin dink oor iets waaroor jy lank ’n sekere siening gehad het.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Vandag word ’n geheim onthul of jy begin sien ’n vriend in ’n heel nuwe lig. Beweeg saam met die veranderinge. Met Mercurius in jou teken is jy gretig om op verskillende maniere met ander te kommunikeer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis die ideale dag om jou innerlike en uiterlike hulpbronne te koester. As jy geldsake ’n deurmekaarspul is, moet jy positiewe stappe neem om dit uit te sorteer. Moenie huiwer om jou sê te sê nie – veral by die werk.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre is gunstig vir kuier, studie, sport, reis en buitelug-avonture. Vat dinge stadig. Jy sal nie noodwendig vinniger by die eindstreep kom as jy rondhardloop nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Liefde, vriendskap, leer en avontuur is vandag almal vermeng. As jy jou natuurlike sjarme ten volle benut, sal jy dit wat jy wil hê op die wonderlikste maniere kan kry.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is minder veroordelend en ’n gesinsprobleem vind baat daarby. Moenie dinge oppervlakkig doen nie. Bestee tyd daaraan om ’n situasie in diepte te beskou sodat jy ’n breër perspektief kan kry.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om eerlik en direk te wees wanneer jy ander vandag hanteer. Moenie tyd mors deur katvoet te wees nie. Stel weer jou saak as dinge soos ’n sepie begin lyk en beweeg dan aan.