JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel geestelike avontuurlikheid.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n natuurlike vermoë om ander te vermaak; sit die regte voet voor. Neem in die komende 12 maande die wyse raad van ’n vriend/in, onderwyser of mentor ter harte.

RAM 21 Mrt.-20 Apr. 

Moenie vandag baasspelerig wees nie. Probeer ook selfversekerd eerder as aggressief wees. Weerstaan die drang om ander te oordeel en gou tot gevolgtrekkings te kom wanneer jy voor ’n delikate gesin- of werksaak te staan kom. 

BUL 21 Apr.-21 Mei

Gewoonlik deurdink jy dinge versigtig en deeglik, maar iemand kan jou probeer oorreed om oorhaastig te besluit. Neem jou tyd. Jy kan dit later berou as jy te gou reageer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Markeer die pas, want emosies en energievlakke gaan wissel. Dit sal maklik wees om ander te ontstel, al is jou voornemens goed. Moenie wraak neem nie, al wil jy ook. Probeer jou selfbeheersing behou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy het vandag ’n yslike klomp geestesenergie tot jou beskikking, maar moenie te veel aanpak nie. Laat baie ruimte in jou oorlaaide rooster, anders gaan jy met ’n spanningshoofpyn bly sit.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Katte is vurige skepsels en vandag is jy lus vir ’n lewendige debat. Benut jou geestesenergie terwyl jy studeer, navorsing doen of die oplossing vir ’n moeilike legkaart of raaisel uitpluis.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie vandag te veel aanpak nie. Jy het baie energie, maar voel ook gou geïrriteerd. Vermy frustrerende mense en sensitiewe onderwerpe, want dit gaan moeilik wees om jou ware gevoelens te verberg.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Lewendige kommunikasie word beklemtoon, want die vonke spat tussen jou en ’n kollega of vriend/in. Moenie verwag dat julle oor alles gaan saamstem nie. Moet ook nie haastig raak nie. Maak seker jy gaan alle inligting deeglik na.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy wil ander baie graag oorreed om te doen wat jy wil hê. As jy mense probeer beheer of manipuleer, gaan jou dag eenvoudig lank en uitputtend wees. Vat dit rustig.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy reguit en/of baasspelerig is, kan ’n groot meningsverskil of misverstand met ’n geliefde ontstaan. Duidelike kommunikasie sal sorg vir ’n redelik streslose dag.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan. 

As jy vandag nie super-aanpasbaar kan wees nie, gaan daar waarskynlik dramas opduik. ’n Geliefde of kollega voel gefrustreerd, so moenie negatiewe opmerkings te persoonlik opneem nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Jy hou van vry wees, maar daar kan vandag onderbrekings en meningsverskille wees terwyl ander op jou tone trap. Jy weet wat jy wil doen, maar dit is dalk nie wat ander verwag of van hou nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie instorm en ’n sensitiewe situasie vererger as jy ’n probleem het met ’n kind, tiener, ouer of vriend/in nie. Jy het meer geduld nodig as jy wil help. 

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.