JOU DAG

’n Positiewe houding en duidelike kommunikasie is vandag die sleutel tot sukses.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy’s flink en bekwaam en benader die lewe met heelwat oemf. Jy moet egter leer om dit rustig te vat, anders kan jy uitbrand.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Kreatiwiteit en skepping word vandag beklemtoon terwyl jy uiting gee aan jou kunstige sy of ’n helder oomblik beleef. As jy reis, moet jy voorbereid wees op terugslae en moeilikheid op jou pad.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vermy dit om vandag vasgevang te word in ’n vervelige ou groef, maak nie saak hoe “gemaklik” dit is nie. Die sprankelende planetêre patrone moedig jou aan om dinge ’n bietjie op te kikker, veral op tuisfront.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Wat persoonlike en aanlyn kommunikasie betref, sal jou boodskap beter oorgedra word as jy skeppend en omstrede is. Interaksie op sosiale media behoort ekstra lewendig te raak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krappe kruip die wêreld vol rond om alles gelyktydig gedoen te kry, maar kry jy werklik enigiets gedoen? Wat geldsake en skaars hulpbronne betref, is dinge baie onvas en veranderlik.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Avontuurlustige Katte, as jy vandag heeldag binnenshuis bly, gaan jy van jou kop af raak. Die planete aktiveer jou rustelose gene, so dis tyd om te reis, studeer, sport te beoefen of in die buitelug te kom.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Beproefde metodes gaan nie vandag baie goed werk nie. Jy sal met heeltemal nuwe oë moet kyk na ’n hardnekkige langtermynprobleem. Dan sal jy die legkaart oplos en sukses smaak.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vandag sal spesifieke verhoudings ekstra lewendig raak met mense wat dit geniet om oor ’n wye reeks sienings te debatteer en kalm samewerking by die venster laat uitvlieg. Dinge gaan beslis nie vervelig wees nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in ’n bui om te kommunikeer. Kontak met kollegas, kliënte en kopers word bevoordeel, maar maak seker jy gaan alles fyn na voor jy jou tot ’n nuwe rigting van aksie verbind.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Manjifieke Mercurius-patrone bevoordeel opvoeding, reis en sosiale netwerke, met jou wat kontak maak met vriende van ver. Wie weet waarheen jou internasionale kontakte kan lei?

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Op die tuisfront wag veranderings wat tot meer persoonlike vryheid kan lei. Jy voel buitengewoon rusteloos, maar maak seker jy handel ongedane sake af voor jy jou in iets nuuts begeef.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vandag gaan jy gou verveeld raak met ’n gewone roetine. Jy is in ’n bui vir vars ervarings en uitdagende gesprekke terwyl jy sosialiseer met ’n stimulerende nuwe groep mense.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met drie planete wat jou welsynsone besoek, moet jy daarop fokus om jou gesondheid en fiksheid te verbeter. Dit sal egter net werk as jy op ’n dieetplan en ’n oefenprogram besluit wat buigbaar, vinnig en prettig is.