Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die maan in die Maagd is ten gunste van harde werk en om jou menings vir jouself te hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is skerp en selfs oulik, en ander is dol daaroor om in jou geselskap te wees. 2016 is die jaar wanneer jy jou doelwitte en drome duideliker en bondiger moet definieer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verhoudings sal vandag bedrieglik wees, Ram, en daar kan selfs ’n bietjie spanning wees tussen werk- en persoonlike verhoudings. Skikking is die beste ding om probleme te help oplos.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Loop vandag lig met ’n brose vriendskap. Moenie sommer net instorm soos ’n Bul by ’n hek nie! Die situasie behels meer as wat oog kan sien; dus moet jy dieper delf om uit te vind wat werklik aangaan.

TWEELING, 21 Mei-21 Jun.

Hoe eerliker en opregter jy teenoor familielede is, hoe beter sal die dag verloop. Alle soorte studie en navorsing word ook begunstig terwyl jy jou tyd benut om iets behoorlik te ondersoek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Julle kan vandag traag voel, Krewe. Dalk moet julle meer gedissiplineerd raak ten opsigte van oefenroetines? As julle dit nog nie gedoen het nie, is dit nou die tyd om gesonde gewoontes aan te kweek vir 2016.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag gaan ’n verhouding met ’n kind, tiener of vriend dalk beproef word, Leeu, soos wat jy ontdek wat hul werklike agenda is. Samewerking is nodig as jy wil hê dinge moet weer op koers kom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het, is vandag twee heeltemal verskillende dinge, Maagd. ’n Ou versugting, droom of wens kan aanpassing kort sodat dit ’n beter uitbeelding van die nuwe jy in 2016 kan word.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit sal moeilik wees om emosioneel met ander te verbind. Hoe meer onafhanklik jy is, hoe verder dryf hulle weg. Moet dit nie ter harte neem nie; soek emosionele voedingskrag in jouself.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Soos jou verhouding na ’n dieper vlak beweeg, is passie en intensiteit vandag in die lug, Skerpioen. Moenie jou gevoelens inhou nie; kry die moed om jou hart se ware begeertes te verwoord.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is vol idees, maar die werklike uitdaging is om verpligtinge deur te voer. As jy ’n belofte maak, kom dit na; as jy ’n doelwit stel, werk om dit te bereik. En bowendien: Maak dit waarmee jy begin het, klaar.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbok, jy sal ander vandag sagkens moet behandel, aangesien irritasie hoog is en geduld laag. Moenie baasspelerig en bombasties wees nie; oorlegpleging en samewerking sal jou baie verder bring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Hou aan om jouself te herskep, Waterdraer. Jou huidige leuse is ’n aanhaling van die beroemde skrywer Lewis Carroll: “Ek kan nie teruggaan na gister nie, want toe was ek ’n ander mens.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Intieme verhoudings word uitgelig. Dit sal egter vandag moeilik wees om ’n verbinding met geliefdes te bewerkstellig, aangesien dringende verantwoordelikhede julle in teenoorgestelde rigtings trek. Duidelike kommunikasie gee die deurslag.