JOU DAG

Die sterre is voordelig vir aardse dinge soos kook, handwerk, opknapping en tuinwerk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Werk oor die volgende 12 maande daaraan om hegter emosionele bande te bou met ’n kind, tiener of vriend. Wees ook meer gefokus oor jou ambisies vir die toekoms.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se aardse energie help jou om vurige emosies te stabiliseer, finansies in orde te kry en dinge afgehandel te kry. Probeer ook om meer tyd af te staan aan die handhaaf van hegte bande met familie, vriende en bure.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met nie minder nie as vyf planete wat vandag in aardtekens is, sal jy vol kreatiewe planne en produktiewe voornemens wees. Jy het ook hope selfvertroue terwyl jy ander wys waartoe jy werklik in staat is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om teen ’n hoë spoed voort te storm, maar vandag se sterre moedig jou aan om dit stadiger te vat en deeglik voor te berei. Op dié manier sal jy minder geneig wees om impulsiewe dinge te doen waaroor jy later kan spyt wees.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus wat jou beroepsone besoek, gaan kreatiwiteit en selfvertroue jou ver bring by die werk. Op soek na ’n beter betalende of vrywilliger posisie? Maak seker jy berei goed voor en trek gepas aan om ander te beïndruk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is tans luidrugtig en trots terwyl die son op hul beroepsone skyn. Professionele projekte vind baat terwyl hulle met selfvertroue, kreatiwiteit en heelwat vermetelheid vooruitbeweeg.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

’n Kind, tiener of intieme vriend kort vandag ’n bietjie spesiale versorging. Doen dus jou bes om na hul sorge te luister en hul pogings te ondersteun. Onthou: ’n Gedeelde probleem is ’n gehalveerde probleem.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Moenie net bolangs verbygly nie, Weegskaal. Daar is geen plaasvervanger vir die neem van een logiese stap op ’n slag en om al die nodige voorbereidingswerk eers af te handel nie. Eers dan kan jy die doenlysie afmerk en aangaan met jou lewe.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Kom in aanraking met jou magnetiese, sjarmante sy, Skerpioen, deur ander sagkens van jou standpunte te oortuig. Hoe meer mense jy betrek – veral familielede – hou beter gaan die resultate wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se planetêre patrone wakker jou Boogskutter-humorsin aan. Maak net seker jou grappies en stuitighede gee nie aanstoot nie – en dat almal jou grappe kan geniet.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met Venus wat jou tuistesone besoek, is dit tyd om volwaardig heerser van die huishouding te wees deur te kook, skoon te maak, te onthaal of tuin te maak. Wens jouself ná die tyd geluk met die goeie werk wat jy gedoen het.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die aardse Waterdraer-maan help jou jou emosies stabiliseer, maar moenie jou eie afleidings maak oor ’n vriend wat in die moeilikheid is nie. Hoe meer geduld en begrip jy het, hoe beter sal dinge uitwerk.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou professionele lewe bars uit sy nate. So baie om te doen en so min tyd! Met die ernstige Saturnus en terugbewende Mars binne jou werksone, sal jy moet beplan, prioritiseer en bowenal delegeer.