Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Probeer vandag jou voete stewig op die aarde geplant hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Deur die komende jaar moet jy voorbereid wees op skielike veranderings en verrassende gebeure in jou werkomstandighede. Wat jou beroep betref: Hou jou oë op die langtermynbeloning.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag dinge ignoreer nie. Probeer met alle vorms van kommunikasie so duidelik moontlik wees. Hoe liefdevoller en vrygewiger jy teenoor gesinslede is, hoe beter raak die dag.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die sterre glimlag vandag vir jou. ’n Gelukkige geleentheid duik uit die bloute op. Wees proakief en gryp die kans aan; anders gaan jy dit kwyt wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kreatiewe en sosiale aktiwiteite is in die kollig, veral dié wat met kinders, tieners of vriende te doen het. Daar is ook ’n tikkie towerkrag en misterie in die lug, so maak seker jy geniet die dag ten volle.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die fokus is op familie en huishoudelike sake. Jou daaglikse roetine gaan egter nie volgens plan verloop nie. Hoe meer proaktief en positief jy raak – en hoe meer ondersteuning jy aan geliefdes bied – hoe beter.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy nuwe maniere soek om geld te maak, kyk na ander mense vir nuwerwetse idees. Wees versigtig wat jy aan ’n kind, ouer of intieme vriend sê. Kies jou woorde met oorleg.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Verhoudings is werk soos ’n spieël. As jy gespanne is en voel jy word verkeerd verstaan, is dit wat jy van geliefdes gaan ontvang. Finansiële geluk kom in die vorm van ’n eiendomstransaksie of ’n wenk van ’n familielid.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie is die gonswoord terwyl jy SMS, twiet, e-pos en boodskappe stuur en ’n storm lospraat. As jy voor ander mense moet praat, maak seker jy gaan al die feite twee keer na voor jy jou mond oopmaak.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Vandag is daar ’n fyn lyn tussen glansende sukses en misleidende wensdenkery, so trap versigtig. Gebruik jou aktiewe verbeelding op positiewe, produktiewe maniere. En moenie alles glo wat jy hoor nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre is puik vir groepsaktiwiteite en om die netwerk met styl te gebruik. Jy kan ook met kreatiewe projekte ekstra geld maak. Moenie alles glo wat ’n familielid jou vertel nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kommunikasie kan vandag kreatief of verwarrend wees; alles gaan van jou afhang. Hoe meer jy die mense om jou prys en steun, hoe positiewer en produktiewer sal die dag raak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers: Draai vandag die romantiese krane oop. Enkellopendes: Kan jy met aanlyn afsprake onderskei tussen ’n spesiale verbintenis en ramp-afspraak? Laat jou intuïsie jou lei.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jou kreatiwiteit en intuïsie is vandag aan die brand. Moet egter nie alles vir soetkoek opvreet nie. As die stemmetjie in jou binneste sê iets – of iemand – mislei jou, maak seker jy reageer op daardie inligting.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016