JOU DAG

Streef daarna om georganiseerd, gedissiplineerd en oordeelkundig te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie jouself heeltemal so ernstig opneem nie! Ruim in die volgende 12 maande meer tyd in om ander mense te help. Persoonlike en werkprojekte sal wag tot jy klaar is.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Weerbarstige Ramme verkies ’n spontane benadering, maar jy sal die een of ander daaglikse roetine vind wat jou sal help om op ’n meer aangename en produktiewe manier deur projekte te stoom. Daar is ruimte vir albei!

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Jy is vandag in die luim om met kinders, tieners en intieme vriende ooreen te stem, en ook om saam te werk aan gesamentlike projekte. Hou dus die kommunikasie aan die gang, hoe uitdagend dit ook al is.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

’n Gesinslid help jou om ’n huidige situasie baie meer realisties te beoordeel. Dit is nie nodig om te voel jy moet alleen ’n oplossing uitdink nie. Daar is hope ondersteuning om jou waaruit jy kan tap.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Streef vandag na praktiese resultate terwyl jy op ’n verstandige en saaklike manier met ander mense kommunikeer. As jy hard werk aan gesamentlike projekte – en geduld beoefen – sal jy eindelik die vrugte pluk.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Die son beweeg nog tot 23 Augustus deur jou teken en dit verhoog jou motivering, selfdissipline Leeus se seksuele aantreklikheid. Maar dit versterk ook jou besitlike en hardkoppige sy.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Jy hou van selfverbetering; dus is dit tyd om jou persoonlike styl en houding te herdefinieer. Soos jou mede-Leeu Leonard Cohen verklaar het: “Tree op soos wat jy graag wil wees en jy sal spoedig wees soos wat jy optree.”

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Jupiter beweeg nog deur jou teken, dus bestaan die moontlikheid dat jy ’n fantastiese dag sal hê. Moet net nie toelaat dat geringe irritasies die pad versper nie. Negatiwiteit is uit en positiewe produktiwiteit is in!

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Jy moet vandag geduldig wees, Skerpioen. Jy gaan ’n groot winskoop ontdek as jy jou navorsing doen en aanlyn rondkyk. Jy gaan op ’n selfvoldane manier tevrede voel as jy presies koop wat wil hê – en boonop met afslag daarop.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Jy moet sterk bly, Boogskutter, want ’n waargenome mislukking spoor jou aan en motiveer jou. Laat die stoftrappertjie-rolprentlegende Mickey Rooney se woorde jou inspireer: “Jy gaan altyd by mislukking verby op die pad na sukses.”

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Weerstaan die drang om in te storm en oor te neem. Wat ’n netelige probleem betref, moet jy tyd op die kantlyn verwyl sodat jy ’n breër uitkyk kan kry. Jy sal dan weet wat jou volgende stap moet wees.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Jy hoef nie te voel jy moet ’n projek stoksielalleen aanpak nie, Waterdraer. Jy is omring deur hope mense wat net wag om te help. Al wat jou te doen staan, is om die moed bymekaar te skraap en te vra.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Jy skyn vandag in die verhoudingskollig. Maak seker jy sit jou beste vinnetjie voor wanneer jy op ander mense reageer. Sorg egter dat jy nie meegevoer word deur onpraktiese planne nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.