Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Die volmaan is in die gesellige Tweeling se teken. Verwag dus baie energie vandag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Februarie, April en Junie is die beste maande om by ’n aanlynwebtuiste aan te sluit om ’n maat te ontmoet, verlief of verloof te raak, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die volmaan sorg vir energie in jou sone vir kommunikasie en nabyheid. Jy is lus om by mense in jou plaaslike gemeenskap te kuier. Moenie dinge uitblaker wat ander onkant kan vang nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie links en regs geld uitgee, eiendom koop of geld uitleen nie. Jy kan vandag maklik besluite neem wat net gebaseer is op hoe jy voel, maar jou emosies wissel weens die invloed van die volmaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Baie Tweelinge sal vandag aaklig voel met die volmaan wat jou teken stimuleer. Jy is ook gretig om iets nuuts te leer, maar as jy onprakties en impulsief is, kan jy dit dalk later berou.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die volmaan se energie laat jou geheimsinnig optree. Kwessies uit die verlede kan opduik as jy aan ’n ou verhouding dink of ’n onopgeloste kwessie pak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die volmaan aktiveer jou sone vir eksentrisiteit. Diegene om jou kan uitsien na die vermaaklike manewales van die kreatiewe Katte. Wees versigtig om nie ’n tiener of vriend te ontstel nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die volmaan blaas lewe in jou loopbaansone. Met ekstra energie en lewenslus sal jy projekte doelgerig en passievol afhandel. Moenie jou geliefdes in die proses afskeep nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Weegskale hou daarvan dat sake vlot verloop. Maar daar is vandag onvoorspelbare energie van die volmaan. Laat vaar jou presies beplande skedule en vat dinge soos dit kom.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die volmaan laat die kollig val op gedeelde hulpbronne. Of dit geld, eiendom of intimiteit is, gesamentlike ondernemings moet goed nagegaan en versigtig herwaardeer word.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy en jou maat het vandag verskillende behoeftes. Dis tyd om daaroor te praat. Enkellopendes kan gou-gou ’n konneksie met ’n wonderlike Tweeling of avontuurlike Waterdraer hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Maak gereed vir volmaanmalligheid, die maanenergie krap jou versigtig beplande dag of roetine deurmekaar. Waarom laat vaar jy nie jou vorige planne en wees meer kreatief en spontaan nie?

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jou wonderlike verstand is vandag op volsterkte met die volmaan wat jou natuurlike weetgierigheid aan die gang sit en sorg vir innoverende idees en baie stimulerende gesprekke.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die volmaan is in jou sone vir huishoudelike sake. Koester jou geliefdes en gee ekstra aandag aan hulle. Dis die ideale tyd om skoon te maak en op te ruim. Jy pak selfdoenprojekte en takies tuis aan.