JOU DAG

Weerstaan die versoeking om deur beuselagtighede gepla te word.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander is aangetrokke tot jou reguit en idealistiese aard, maar soms moet jy sensitiewer wees teenoor ander se gevoelens. Junie is die beste maand vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om jou standpunte met volop passie, energie en geesdrif oor te dra, maar as jy te opdringerig raak, gaan jy ander afskrik. Probeer om ’n sin vir perspektief te behou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met die impulsiewe Mars wat met die toegeeflike Venus in verbinding tree, is die drang om te verkwis, moeilik om te beheer. Onthou net – wat vandag jou oog vang, kan jou dalk môre nie meer interesseer nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mik na duidelike en versigtige kommunikasie met geliefdes en kollegas. As jy oorhaastig raak en nie ’n wag voor jou mond sit nie, kan dit tot ’n misverstand lei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die fokus is op verhoudings. Jy raak ernstig oor hoe jy gehaltetyd saam met jou geliefdes deurbring. Weerstaan die drang om in dramatiese gesprekke of by doellose kragvertonings betrokke te raak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om naam te maak soos wat jy veranderings by die werk bewerkstellig of ’n verskil probeer maak in jou plaaslike gemeenskap. Maar hoe meer jy ander kritiseer, hoe meer gaan jy hulle wegdryf.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Daar is dalk ’n bietjie spanning tussen werksake en huishoudelike verantwoordelikhede; jy sal moet kies. Onthou, jy is nie onvervangbaar nie en jy kan nie alles self doen nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy kan vandag vatbaar wees vir die oortuigende sjarme van iemand met ’n gladde mond. Bly oopkop en wees versigtig dat iemand nie ’n gat in jou kop praat om iets te doen wat jy nie regtig wil nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars versterk jou intensiteit, dus gaan dit moeilik wees om op ’n koel, kalm en nugter manier te kommunikeer. Dit is ’n gepaste dag om te studeer, iets na te vors of ’n geheim te ontrafel wat ander uit die veld slaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie die belangrikheid van netwerkvorming onderskat nie. Vir slim Boogskutters gaan alles tans oor verhoudings tussen mans. Probeer om nie aanstoot te neem oor wat ’n kollega of vriend sê nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is geneig om ’n obsessie te ontwikkel oor wat dalk gaan gebeur en berge uit molshope te maak. Probeer vandag ’n tree terugstaan en mense en situasies vanuit ’n groter perspektief aanskou.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Steek jy jou talente weg? Met Venus wat jou kreatiwiteitsone besoek, is selfvertroue vandag die wagwoord. Maak seker jy skyn helder vir die hele wêreld om te sien.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Maak nie saak hoe besig jy by die werk of skool is nie, die huis is vandag waar die hart is. Jy wil kook, skoonmaak, uitgooi, herversier of sommer net regpak. Jy sal makliker asemhaal as jou goeie werk voltooi is.