JOU DAG

Jupiter moedig jou aan om jou lotsbestemming met albei hande aan te gryp.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie talentvol, maar jy kan ook baie buierig wees. Junie en Julie is die beste maande om verlief te raak, saam in te trek, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die gelukkige Jupiter storm deur jou vennootskapsone. Verbonde Ramme – jul verhouding gaan met rasse skrede verbeter. Enkellopendes – is jy gereed om uiteindelik jou sielsgenoot te ontmoet?

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jupiter reis deur jou welsynsone. Jy moet tussen nou en Oktober daarna streef om die gesondste en fiksste Bul moontlik te wees. Geen verskonings nie. Dis tyd om jou lyf aan die beweeg te kry – so gou as moontlik!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jupiter storm deur jou kreatiwiteitsone. Dus is 2017 die jaar om by jou vrygewige innerlike muse aansluiting te vind terwyl jy jou op toenemend meer kleurryke en kreatiewe maniere uitdruk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jupiter belig jou tuistesone, dus is daar in 2017 baie liefde en geluk te wen uit verbeterde verhoudings met verlangse familie. Vertroetel mense en voel die liefde!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter besoek jou buurtsone. Dit is dus tyd om jou vele talente tot die beskikking van jou plaaslike gemeenskap te stel. Bevredigende verbindings en positiewe vriendskappe sal dan volg.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sep.

Jupiter, die planet van vooruitgang, storm deur jou geldsone. Dit is dus jou taak om aangename maniere te vind om meer geld te maak. As jy hou van dit wat jy doen, sal innerlike en finansiële rykdom volg.

WEEGSKAAL, 24 Sep.-23 Okt.

Jupiter gaan tot 10 Oktober deur jou teken. En daarna gaan hy nie voor oor amper 12 jaar weer terugkom nie. Maak dus seker jy slaan munt uit die geluksgeleenthede wat na jou kant toe kom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Voel jy terneergedruk, Skerpioen? Jupiter stimuleer tans jou spiritualiteitsone. Daar is dus heelwat innerlike vrede te vinde deur middel van meditasie, nadenke, joga of tai chi terwyl jy na die stemmetjie in jou binneste luister.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter, die planeet van welvaart, spring deur jou netwerkvormingsone. Geleenthede en sukses sal dus na jou kant toe kom as jy persoonlik en aanlyn netwerkvorming met plaaslike en internasionale kollegas doen.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jupiter jaag deur jou loopbaansone en bring dus ’n moontlikheid dat fantastiese geleenthede in die volgende nege maande gaan opduik. Maar daarvoor moet jy die selfvertroue hê om jou ware lotsbestemming te volg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die rustelose Jupiter beweeg deur jou reissone, dus wink avonture in die volgende nege maande. Maak dus seker jy ruim tyd in om te beplan – en te spaar – vir jou volgende opwindende eskapade.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter, die planeet van welvaart, stimuleer jou sone vir gedeelde hulpbronne. Hoe meer vrylik jy dus idees oor finansies deel en met ander mense saamwerk, hoe meer suksesvol gaan jy in 2017 wees.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017