JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel goedhartigheid en ontferming.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is ’n uitstekende tyd om jou vriendskapskring te vergroot en jou invloedsfeer by die werk uit te brei.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Mik vandag daarna om onbevooroordeeld te bly, Ram, veral by die werk. Jy het geen beheer oor wat ander mense dink of sê nie. Moet dus nie tyd mors deur te probeer nie. Gee ook noukeurige aandag aan jou drome.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Met Jupiter in jou werksone, is dit tyd om slimmer te werk, eerder as harder. As jy jou oë en ore oophou, sal jy heelwat waardevolle inligting van agter die gordyne inwin.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Geesdriftige Tweeling – jy is ongeduldig om veranderings aan te bring, maar moenie vuur en vlam instorm nie, veral nie met intieme verhoudings nie. Gebruik jou kommunikasievaardighede om ander mense te motiveer eerder as om hulle te vervreem.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Die kollig val tans op jou by die werk, so maak seker dat jy ’n goeie vertoning lewer! Wat huishoudelike sake betref, moet jy ekstra diplomaties te werk gaan met ’n gesinslid wat onder stres is.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

In besprekings en geselsies moet jy die drang weerstaan om te erg afdwingend en hardkoppig met jou menings te wees. As jy te kras raak, kan ’n stimulerende debat maklik in ’n warm argument verander.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

’n Lid van die gesin of intieme vriend kan dalk vandag jou praktiese hulp benodig, Maagd. Maak dus seker dat jy jou besige program aanpas en heelwat tyd opsy sit om met graagte bystand te verleen.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Hoe meer energie en moeite jy in die herstel van jou huislewe belê, hoe veiliger en meer geborge gaan jy by die werk en in die wyer wêreld voel. Jou gesin is die voetstuk wat alles staande hou.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Pluto spoor jou aan om diep en breed na ’n huidige probleem te kyk. Die situasie is in ’n proses van verandering ; dus moet jy buigbaar wees. Soos die bekende verjaardaggenoot Bob Dylan sing “Daar is niks so stabiel soos verandering nie.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Vriende en finansies is tans ’n ingewikkelde mengsel. Probeer maar om die twee van mekaar geskei te hou. Enkellopende Boogskutter – met die son en Mars wat jou verhoudingsone besoek, is dit tyd om proaktief te raak.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Moenie te mededingend wees nie, Steenbok. Hoe meer jy werkskollegas en vriende vertroetel en ondersteun, hoe beter gaan die dag raak. Bring vanaand gehaltetyd saam met iemand spesiaal deur.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Dit is die perfekte dag om iets nuuts te leer of om ’n onderwerp in diepte na te vors. Jy sal ook waardevolle insig kry in ander mense se motiverings. Gebruik net sulke inligting oordeelkundig!

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Veranderlike aspekte van die maan en Neptunus spoor jou kunstige sy aan en moedig jou aan om kreatiewe projekte met ander mense te deel. Moenie nou groot professionele skuiwe maak sonder deeglike navorsing nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.