JOU DAG

Sommige mense gaan vandag erg krities wees, dus moet jy probeer om dinge nie te ernstig op te neem nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gek daarna om ander te help. In 2016 moet jy meer georganiseerd wees by die werk, skool of kollege, terwyl jy vir jouself uitdagende doelwitte stel en hulle dan deurvoer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel rusteloos; daarom moet jy vandag praktiese maniere vind om uitdrukking te gee aan jou avontuurlike, sportiewe sy. Besoek die gimnasium, durf die buitelug aan of beplan ’n opwindende reis in die nabye toekoms.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vandag moet jy jou woorde versigtig kies – veral as jy met kinders, tieners en vriende gesels. Sit ook sommer ’n bietjie gehaltetyd opsy vir ’n geliefkoosde stokperdjie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Die fokus val vandag sterk op huishoudelike sake terwyl jy dinge uitpraat met ’n familielid en jou leefruimte opruim. Dit is ook net die regte tyd om vriende of familie tuis te onthaal.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Baie Krewe sal vandag in ’n krenterige, hipersensitiewe bui wees. Jy moet dus superselektief probeer wees wat die mense betref met wie jy meng, aangesien jy seine verkeerd kan lees en motiewe kan misverstaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Hou op om ’n eensame Leeu te wees! Mercurius en Venus besoek albei jou verhoudingsone, dus is dit die regte tyd om raad te gee aan, saam te werk met en te gesels – werklik te gesels – met dierbaarstes.

MAAGD 24 Aug.-23-Sept.

Maagde is fantasties met besonderhede en jy is op jou geleerde beste vandag terwyl jy inligting opdiep wat ander verbygeloop het. Kommunikasie word ook belig terwyl jy rondgaan en kommunikeer.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Kry noodsaaklike take by die werk vandag vroeg afgehandel. Dit is meer as hoog tyd dat jy ’n bietjie heerlike alleentyd deurbring terwyl jy ontspan en jou afwen op wonderbaarlike maniere wat vir jou betekenis het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jupiter sluit aan by die maan in jou netwerksone en dit sal jou meer sosiaal laat voel as gewoonlik. Dit is dus ’n fantastiese dag om op gemeenskaplik genotvolle maniere met ander mense te skakel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Vandag se rustelose sterre moedig jou aan om te ontdek, te skep en elke paar minute van plan te verander. Jy sal beslis nie verveeld wees nie . . . iets so reg in die spontane Boogskutter se kraal.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Ander mense het nie al die harde werk raakgesien wat jy agter die skerms verrig het nie, maar wag en wees geduldig; hulle sal dit wel agterkom. As jy vandag intellek met intuïsie kombineer, sal jy ver kom.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy floreer daarop om op jou eie tyd jou eie ding op jou unieke Waterdraermanier te doen. Maar die klem val vandag op die mense om jou terwyl jy met eendersdenkendes in jou plaaslike gemeenskap skakel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die klem val vandag op verhoudings terwyl jy daarna strewe om gehaltetyd deur te bring saam met die mense wat belangrik is in jou lewe. Sakevennootskappe en gesamentlike ondernemings word ook bevoordeel.