Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Streef daarna om sloer en uitstel met ’n proaktiewe benadering te vervang.

AS JY VANDAG VERJAAR

Danksy jou vasberadenheid en deeglikheid is jy uiters oplettend. Moet dinge egter nie ooranaliseer nie. Deur die komende jaar moet jy daarna streef om die balans tussen jou hart en jou kop reg te kry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Saturnus belemmer vandag jou motiverings- en energievlakke. Jy voel dus soos ’n motor wat met die parkeerrem aan wil vorentoe beweeg. Met geduld en volharding sal jy eindelik vorder.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag finansiële sake ignoreer nie. Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. Staan tyd af om na te vors, te hersien en oor te doen. Geliefdes sal jou geduld en nodige ywer waardeer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie met ’n geliefde is ingewikkeld. Hoe meer jy aan ’n troebel verhouding werk, hoe beter resultate gaan jy kry. Moet egter nie kitsresultate verwag nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou daaglikse roetine gaan nie glad verloop nie. Verwag irriterende vertragings en ontwrigtings met Saturnus wat jou frustrasievlakke verhoog. Die beste benadering vir uitgeslape Krewe is om af te koel en te herkalibreer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Al probeer jy hoe hard, jou sjarme gaan nie vandag met vriende en familielede werk nie. Dit is dus beter om liewer jou moue op te rol en die take aan te pak wat moet klaarkom – sonder om te kla!

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dis tyd om vas te byt en jou onverdeelde aandag te vestig op ’n moeilike huishoudelike kwessie. Doen ook jou bes om ’n neerslagtige geliefde se gemoed op te helder.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Wees baie versigtig in sosiale situasies – in jou plaaslike gemeenskap, sowel as aanlyn. Jou kommentaar kan uit verband geruk word; deurdink dinge deeglik voor jy iets aanvegbaars sê of stuur.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou bui kan wissel, maar dis niks wat jy nie kan hanteer nie. Hoe meer jy op verskeie maniere by geliefdes betrokke raak, hoe beter gaan die dag verloop. Moenie jou kop oor nietighede breek nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die dag gaan nie vlot nie; projekte gaan een tree vorentoe beweeg en twee treë terugval. Wees geduldig, Boogskutters. As jy gereed is vir die lang termyn, gaan jy geleidelik bevredigend vorder.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Daar gaan vandag baie goed wees wat jou kan onderkry. Probeer om nie met woede te reageer nie, Steenbok. Kry liewer toepaslike maniere om gefrustreerde energie met fisieke aktiwiteit in die buitelug te verdryf.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Spanwerk en die internet gaan jou bring waar jy wil wees. Soek iemand met wie jy kan saamspan op ’n projek wat jou na aan die hart lê. Jy kan egter ’n paar struikelblokke en vertragings langs die pad te wagte wees.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat jy ook al vandag doen – of dit nou huispligte, studeer, betaalde werk of ’n vrywilligersposisie is – jy kan verwag dat baie take twee langer as gewoonlik gaan neem. Pas dus aan en wees ekstra geduldig