JOU DAG

Hoe meer spontaan jy is, hoe beter sal die dag wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kreatief en leergierig en het dit nodig om baie tyd op jou eie te bestee. Probeer om die volgende 12 maande meer te ontspan en minder bekommerd te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy oorhaastige gevolgtrekkings oor mense of situasies – veral werk – maak, kan jy dalk in die moeilikheid beland. Probeer om ekstra energie te verbrand met sportaktiwiteite of aktiwiteite in die buitelug.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Maak seker jy vrolik jou verhouding op met spontane romantiese gebare. Enkellopendes kan liefde vind as hulle onverwags deur ’n familielid aan iemand voorgestel word.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Interaksie met kinders en tieners sal vandag onvoorspelbaar wees en hulle sal hul onafhanklikheid duidelik maak. Venus moedig jou aan om jou tyd en talente meer ten bate van jou plaaslike gemeenskap in te span.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan oorversigtig wees. Moenie te lank dink oor ’n professionele, besigheids- of geldelike geleentheid nie. ’n Blitsige besluit kan verrassend goeie gevolge hê!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou doen en late sal noukeurig deur ander ondersoek word – en dit pas jou. Jy gee nie om of ander vir jou hande klap of jou kritiseer nie – solank jy raakgesien word, is jy tevrede!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dit is ’n goeie tyd om sake te hersien en weer daaroor te dink met Mercurius wat agteruit beweeg. Jy sal papierwerk en navorsing kafdraf en gou-gou los drade optel. Vermy dit om met nuwe projekte te begin tot ná 9 Oktober.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Enkellopende Weegskale verkies om ’n potensiële maat op subtiele maniere aan te trek. Maar met Uranus wat deur jou verhoudingsone beweeg, is dit tyd om meer proaktief en onkonvensioneel te wees!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit sal baie maklik wees om die verkeerde ding op die verkeerde tyd vir die verkeerde mens te sê. Kies jou woorde wys. Liefde en werk is op verrassende maniere vir enkellopende Skerpioene verbind.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is vandag in ’n besonder gulhartige bui, maar moenie meer beloof was wat jy kan doen nie. Praatjies is maklik. Maak seker jy doen wat jy belowe.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As jy by die werk oorhaastig tot gevolgtrekkings kom of afleidings maak, kan jy jou in ’n verwarrende of konfronterende situasie bevind. Staan tyd af om die feite te kontroleer voor jy enige verrassende skuiwe maak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Uranus bring ’n bietjie drama en ’n sprankie spontaniteit in verhoudings mee. Waterdraers in ’n verhouding kan hul maat met ’n pragtige geskenk verras. Party enkellopendes sal met die eerste oogopslag verlief raak.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie moed opgee met ’n kwessie by die werk nie. Met Saturnus se ligging word jy aangemoedig om klein treetjies vorentoe te neem en aan te gaan. Laat jou inspireer deur Mickey Rooney, wat vandag verjaar, se woorde: “’n Mens kom altyd mislukking teë op pad na sukses.”