JOU DAG

Verwag ’n stresvolle en ietwat uitdagende dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die impulsiewe drang om jou af te sonder. Hoe meer jy take delegeer en ander mense aanmoedig, hoe meer sal jou verhoudings groei en bloei.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Dit kan nodig wees om vandag jou natuurlike entoesiasme in te kort, Ram, aangesien projekte meer as opgewektheid verg om aan die gang te bly. Die sterre spoor jou aan om in te klim, die doenlysie af te merk en dinge gedaan te kry!

BUL, 21 Apr – 21 Mei

’n Verhouding met ’n kind, tiener of vriend/in kan vandag kompleks of stresvol raak, Bul, aangesien daar ekstra eise aan jou gestel word. Streef dus daarna om dinge op ’n praktiese en georganiseerde manier reg te ruk.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Verwarring betreffende ’n verhoudingskwessie of gesinsaak kan vandag vir sommige Tweelinge opduik. Probeer dus om terug te tree en die huidige situasie uit ’n wyer hoek en ’n wyser perspektief te beskou.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Moenie bekommerd wees as ander mense vandag afgetrokke, ontnugter of oorkrities voorkom nie. Jou intieme verhoudings is tans op ’n ietwat onvaste voet. Jy moet by die wisselende dalings en stygings kan aanpas.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Katte – julle is gretig om ’n kreatiewe persoonlike projek aan te pak waaroor julle passievol is. Moenie te veel insette van ander mense verwag nie. Hulle het hul eie ingewikkelde kwessies om die hoof te bied.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Het jy probleme met ’n gesinslid? Jy sal vind hoe meer jy kommunikeer en saamwerk, hoe beter gaan dié verhouding raak. Maar jy sal die eerste skuif moet maak.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

As jy vandag met ander mense kommunikeer, moet jy seker maak dat jou feite reg is, anders kan jy ’n aanname maak wat ’n geliefde ontstel. Moenie aarsel om dubbel seker te maak as jy twyfel nie.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Moenie vandag alles glo wat ’n kind, tiener of vriend/in jou vertel nie. Dit beteken nie hy of sy jok bewustelik nie, maar jy hoor dalk net die helfte van die storie. Neem dus tyd om heelwat dieper te kyk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Saturnus gaan vandag jou natuurlike Boogskutter-spontaneïteit en entoesiasme ’n bietjie dwarsboom. Moenie toelaat dat dit jou stuit nie. Wend liewer die energie aan vir ernstige studie of gewigtige nadenke.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Het jy te veel gewerk en jou gesin te min gewaardeer? As jy te saaklik is teenoor jou geliefdes, kan hulle beledig voel. Probeer dus om ’n skeiding te maak tussen jou persoonlike en beroepslewe.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Stadig oor die klippe nou, Waterdraer, en herkalibreer! Dis tyd om op ’n ernstige en gefokusde manier op ’n hegte vriendskap te konsentreer, ’n intieme verhouding te heroorweeg, oor die hede te peins of die toekoms te bedink.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

’n Persoonlike of beroepsverhouding kan vandag ingewikkeld wees, want iemand se woorde of dade kan maklik verkeerd vertolk word. Wees net bedag daarop dat jou opvatting oor ’n situasie verkeerd kan wees.

© Joanne Madeline Moore