JOU DAG

Die maansverduistering jaag emosies op en verhaas reaksie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar is die jaar om die balans te vind tussen fantaseer oor die toekoms en leef in die hede. Dit is soms ’n goeie plan om dinge te deurdink voor jy optree.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Aangesien die maansverduistering jou temperamentele sy opklits, kan jy luidrugtig wees. As jy jou met interessante projekte besig hou, sal jy minder geneig wees om ontwrigtend en veeleisend te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Het jy slegte gewoontes? Die maansverduistering stimuleer jou welsynsone en beklemtoon keuses, ten opsigte van jou dieet of leefstyl, wat jou gesondheid en lewenslus in die wiele kan ry.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die maansverduistering laat jou onthaalsone vlam vat; dis tyd om ’n kuddedier te wees. Doen inkopies, gaan fliek, gaan konsert toe, kuier in klubs en hou partytjie saam met vriende. Groepaktiwiteite sal gunstig wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is vandag op jul sjarmante beste – en knorrige slegste – aangesien die maansverduistering jou iesegrimmige sy omklits. Streef daarna om ’n balans te bewerkstellig tussen jou verpligtings teenoor jou werk en dié teenoor jou gesin.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat kommunikasie, opvoeding, sosiale media of reis betref, kan jy vandag die onverwagte verwag. As jy aanpasbaar is en by die gety inval, sal onderbrekings jou nie te veel ontstel nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die maansverduistering, Mercurius en Uranus laat ’n helder kollig op jou geldsake val. Dit is tyd om te fokus op jou begroting, eerder as om geld te leen – en spaar eerder as bestee.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Die maansverduistering verlig jou teken en dit verhoog jou waardering vir skoonheid, kuns, mode en musiek. Dit is die regte tyd om konsert toe te gaan, ’n kunsuitstalling te besigtig of iets te doen wat jou inspireer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy nie graag van jou gewoontes afwyk nie, lê daar vir jou ’n ontstellende tydjie voor: Die maansverduistering gaan jou gewone roetine omvergooi. Om buigsaam te wees, sal jou dag glad laat verloop.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag vind ’n aantal verrassende onderbrekings plaas, aangesien jou vorige planne omvergegooi word, veral by die werk. Streef daarna om die balans te herstel tussen spontaneïteit en om voorbereid te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Berei jou vandag voor vir ’n bietjie opskudding. Die maansverduistering gaan dinge by die huis en by die werk deurmekaarkrap. As jy in ’n groef beland het en jy voel verveeld, gebruik dit as ’n geleentheid om vorentoe te beweeg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Onthou, daar is ’n fyn lyn tussen roekelose gedrag, wat op erge berou uitloop, en spontane optrede, wat tot sukses kan lei. Jy sal hopelik daardie fyn lyn vandag kan baasraak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus val op begeerte, terwyl die maansverduistering onopgeloste kwessies meebring. ’n Intieme verhouding kan floreer of ineenstort, afhangend van die mate waartoe jy jouself verbind, emosioneel en finansieel.