Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Moenie toelaat dat jou aandag afgelei word nie – bly gefokus op die take wat jy moet afhandel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aards en prakties. Maak in 2016 seker jy luister na wat jou binnestem vir jou sê. Dit sal jou in die regte rigting lei.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Wees versigtig met familie en vriende se gevoelens. As jy oorhaastig is en die eerste ding sê wat in jou kop opkom, sal jy ander seermaak sonder dat jy wil.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Positiewe denke sal jou vandag suksesvol maak. As jy gesprek en samewerking kombineer, sal dit ’n wenkombinasie wees. Soek Kerspresente wat prakties en nuttig is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Is jy gespanne en verskriklik besig, maar kry eintlik baie min gedoen? Vandag se sterre moedig jou aan om kalmer te wees en jou Kersfeeslysie stap vir stap te takel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag oppervlakkig met geliefdes kommunikeer nie. Kyk onder die oppervlak om uit te vind wat regtig aangaan en dit te verstaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jou menings te kras is, sal iemand in jou plaaslike gemeenskap dramaties reageer. Baie Leeus sal vannag intense, helder drome hê.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jolige Jupiter spoor jou aan om van die daaglikse harde werk weg te breek en te begin om met passie en doelgerigtheid aan jou Kersfeeslysie te begin werk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die omstandighede is goed vir gesinsake en jy kombineer intuïsie met kreatiewe idees en goeie kommunikasievaardighede. Maak seker jy bly binne jou begroting wanneer jy Kersgeskenke koop.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Sjarme en selfvertroue is tans ’n kragtige kombinasie vir sexy Skerpioene. Jy rinkink in die feestyd en hou partytjie soos ’n pro. Party enkellopendes sal ’n romantiese verrassing vir Kersfees kry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit sal nie help om bekommerd te wees oor alles wat jy voor Kersfees moet inpas nie. As jy prioritiseer en sake stap vir stap aanpak, sal jy dit gedoen kry sonder dat dit voel of jy wil mal word!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met die son, Mercurius en Pluto wat almal deur jou teken beweeg, is jy gefokus en op jou beste. Moenie die geleentheid vermors om projekte met ekstra selfvertroue af te handel nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy het ’n vaste siening oor ’n huidige situasie, maar wees slim en hou jou kaarte styf teen jou bors. Daar is nog inligting wat moet uitkom. Wag dus nog ’n bietjie en wees geduldig.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Die kollig val op groepsaktiwiteite en jy dra jou idees aan ’n groter gehoor oor. Bestee genoeg tyd om jou sienings behoorlik te verduidelik anders kan daar dalk Kersfees verwarring heers.