JOU DAG

Baie mense gaan vandag intens en humeurig wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dinamies en entoesiasties. Die komende 12 maande is die tyd om ’n persoonlike projek aan te pak wat jou talente in opwindende nuwe rigtings laat strek.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Ramme is in die bui om maksimaal te meng en gesellig te verkeer, aangesien die sterre jou gesellige sy aanhits. Jy sal baie simpatiek moet wees teenoor ’n gespanne kollega of gesinslid.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Baie Bulle gaan ietwat lusteloos voel. Daar gebeur tans so baie dinge in jou lewe! Sit dus ’n bietjie alleentyd opsy om jou pas te verlangsaam. Ontspan, herlaai jou batterye en verjong.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Dit kan tans erg frustrerend wees om met ’n geliefde, kind of vriend/in oor die weg te kom. Vertel hy/sy jou die volle verhaal? Jy sal supergeduldig moet wees terwyl al die feite stadig aan die lig kom.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Voel dit asof jy gemanipuleer of verkeerd verstaan word? Magspeletjies en oormatige skuldgevoelens gaan jou nêrens bring nie. As jy bekommerd voel, skraap die moed bymekaar om die saak op ’n reguit, eerlike manier aan te roer.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Jy’s gretig om met eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap te kommunikeer. Jy het hope Leeutalente om te bied, maar jy moenie inligting op sigwaarde aanvaar nie. Gebruik jou tyd en maak eers seker van die feite.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Omring jy jou met familie en vriende wat jou doelwitte ondersteun en jou drome aanmoedig? Bly vandag ver van mense met negatiewe denke. Maak seker die mense om jou oefen ’n positiewe invloed uit.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Gesinsake is vandag op die voorgrond, Weegskaal, terwyl jy jou weg deur ’n huishoudelike mynveld stuur. Probeer jou bes om dinge op ’n diplomatiese, proaktiewe en ekstra-meelewende manier aan te pak.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

As jy vandag probeer om geliefdes te manipuleer en uitslae te beheer, gaan jy probleme kry. Slim Skerpioene sal dus ’n dik mond, sarkasme en woede-uitbarstings verruil vir slim samewerking en koel beraadslaging.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Jy’s in ’n weerspannige bui en, as jy nie oppas nie, gaan jy net dinge opklits en onmin stook. Gebruik liewer jou energie om jou liggaam te koester met gesonde kos en prettige oefening.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Jy kan vandag konflik verwag tussen persoonlike, professionele en verhoudingsverantwoordelikhede. Kreatiewe projekte en verdere opleiding word bevoordeel, terwyl jy poog om vandag die beste Steenbok moontlik te wees.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Jy kan vandag mense verras met jou onvoorspelbare streke. Jy smag na ongewone en opwindende ondervindings, en as jy hulle nie elders kan vind nie, gaan jy hulle in jou plaaslike omgewing skep.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Moenie vandag onvoorspelbare geldskuiwe maak nie, Visse. Moenie luister as ’n vriend/in vir jou finansiële raad aanbied nie. Jy het tans professionele leiding nodig – niks minder nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017