JOU DAG

Verwag ’n rukkerige soort dag terwyl rusteloosheid hoogty vier.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature ’n baie romantiese, idealistiese mens. Jy kan egter ook baie onrealisties wees en maklik gespanne voel. Leer om take te prioritiseer en jou spoed aan te pas.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan rusteloos voel as jy nie vandag die vryheid het om jou eie ding te doen nie. Laat ander mense weet jy benodig tyd en ruimte om professionele idees te ontwikkel en individuele projekte aan te pak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vandag verlig die sterre die vriendelike, liefdadige sy van jou Bul-aard. Dit is ’n uitstekende tyd om betrokke te raak by vrywilligerswerk of om hulp te verleen aan ’n vriend/in of familielid wat dit nodig het.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met jou heerser, Mercurius, in jou teken, is jy ywerig om heelwat energie aan ’n opwindende persoonlike projek af te staan. Jy sal dalk moet toegee omdat ’n geliefde meer van jou waardevolle tyd vereis.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie bitter raak en voel jy moet vandag alleen sein en kom klaar nie, Kreef. Uitreik na andere sal jou vrag ligter maak. Al wat jy moet doen, is vra . . . op ’n kalm, en o, so sjarmante wyse.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Gebruik jou lewendige energie vandag positief, Leeu – deur studie, reis, oefening, selfdoenwerkies tuis, ongewone stokperdjies of die soeke na avontuur. Dan is daar geen tyd oor om verveeld te raak nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se sterre is super vir alle vorms van studie, navorsing en probleemoplossing, so laat jou gedagtes gaan en kom in rat. Wat gesamentlike finansies betref, moet jy die onverwagte verwag.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die son en Venus seën professionele projekte en hoe meer jy jou verbeelding en intuïsie aanwend, hoe suksesvoller sal jy wees. Moenie toelaat dat sluimerende selftwyfel jou terughou nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake is vandag in jou gedagtes. Hoe deegliker en meer gedissiplineerd jy met jou finansies te werk gaan, hoe beter gaan die resultate wees. Moenie oornag enige wonderwerke verwag nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Verbonde Boogskutters, begin gesels met jou wederhelf. Enkellopendes, kyk verby ’n potensiële maat se uiterlike verpakking. As jy nie goed met hom/haar kan kommunikeer nie, gaan dit nie hou nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met Venus wat tot 12 Julie in jou verhoudingsone is, moet jy alles moontlik doen om huishoudelike dramas te systap en familiewrywing te herstel. Dis tyd vir slim Steenbokke om te gaan sit en die vredespyp te rook.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Stadig nou, Waterdraer! Moenie jouself te na kom deur oorhaastig te wees en besonderhede te mis nie, veral nie by die werk nie. Jy is die enigste mens wat jou toekomsdoelwitte kan ondermyn.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

’n Kollega, vriend of kennis waardeer dalk nie jou uitgangspunt nie, want jy druk jou nog vaer uit as gewoonlik. Dit is egter ’n goeie tyd om weer jou innerlike, kreatiewe kind te omhels.