pisces-hg-w

JOU DAG

Vandag se aardse Steenbok-maan moedig jou aan om jou planne prakties en op die werklikheid gegrond te hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

September en Oktober is die beste maande om by ’n afspraakwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy dring aan op resultate, maar as jy ander mense tot oorgawe probeer stoomroller, gaan jy net weerstand en hope probleme kry. Beraadslaag baie meer en wees inklusief.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n goeie tyd om jou talente te omskep in praktiese ondernemings, soos kook, handwerk, tuinmaak of selfdoenprojekte. Maar daar steek meer in ’n huidige situasie as wat dit dalk lyk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy beweeg te vinnig vir ander om by te hou. Die planete dring daarop aan dat jy die pas markeer en deegliker werk. ’n Vertroetelde droom kan ook op die een of ander manier verydel word.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Verwag spanning tussen werkvereistes en die verantwoordelikhede teenoor jou verhouding. Moet ook nie aanneem ander weet wat jy wil hê nie. Jy sal jou moet laat geld en vir hulle sê wat jy dink.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die Mars/Pluto-vierkant veroorsaak dat jy ’n baie meer doelgerig is as gewoonlik. Maar onthou: Daar is ’n fyn lyn tussen volhoudend en net voortvarend wees. Koel kompromie is die antwoord.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Dis vandag voordelig om persoonlik betrokke te raak by geliefdes, so jy moet sê wat jy dink. Party mense is gretig om te hoor wat jy te sê het; ander gaan nie jou eerlikheid waardeer nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Die maan is in die plat op die aarde Steenbok; daarom is jy lus om ander met hope praktiese hulp en ekstra steun te koester. Wees versigtig rondom ’n gefrustreerde gesinslid wat baie gespanne is.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Mars/Pluto-vierkant versterk jou hardkoppige sy terwyl jy vies raak oor dinge waaroor jy geen beheer het nie. Hoe meer jy ander probeer manipuleer, hoe moeiliker en meer konfronterend gaan die dag wees.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy wil vandag dinge van jou hart af kry deur ernstig met ’n gesinslid te praat. Intieme vriende en geldsake is egter ’n ingewikkelde kombinasie; probeer die twee apart hou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Versteur ’n dwars gesinslid jou huishoudelike vrede? Dis tyd om af te koel. Emosionele bande en kalm kommunikasie gaan jou heelwat meer in die sak bring as vurige uitbarstings.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kommunikasie is die gonswoord. En hoe meer opreg dit is, hoe beter gaan jy voel. Die ontvlambare sterre noop jou egter om jou woorde vandag met wysheid te kies.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die Mars/Pluto-vierkant kan veroorsaak dat ander mense aggressief teenoor jou optree. Is dit nie dalk tyd om die mense te wys Visse kan ferm wees en hulself verdedig nie?

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.